Duisende voëls sonder blyplek

    SASOLBURG. – Duisende voëls is sonder blyplek na ‘n massiewe veldbrand wat bykans al die plante, wat hoofsaaklik uit riete bestaan het, op 19 Julie in ‘n veldbrand verwoes langs die R59 en die Taaibosspruit brug.
    ‘n Massiewe donker rookmassa het ‘n groot gedeelte van die middag oor die gedeelte gehang. Voëls het in alle rigtings geskarrel terwyl sommige dit gesien het as ‘n ideale middaguitstappie tussen die verkoolde riete waar muise, rotte, krappe en ander insekte rondgeskarrel het. Verskeie reiers het mens net sien kop onderstebo pik soos wat hul die feesmaal geniet. Die brandweer was op die toneel maar kon nie veel doen nadat verskeie gedeeltes reeds gebrand het.
    Die oorsaak van die brand is onbekend maar dit is wel bekend dat daar bosslapers onder die brug slaap en dat dit ook ‘n visvangplek is vir hengelaars. Die moontlikheid dat ‘n sigaretstompie die brand veroorsaak het kan ook nie bevestig word nie.

    Latest Videos

    COMMENTS

    Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
    Top