News

Bo: Familie, vriende en boere van die Parysomgewing kyk toe terwyl werkers die graf grawe op die familieplaas waar wyle mnr. Frans Harmse se vrou ook begrawe is. Die begrafnis vind Vrydag plaas. Hy het na ‘n plaasaanval aan sy beserings gesterf. Foto: Jannie du Plessis.

87 jarige dood na plaasaanval

VANDERBIJLPARK.- Die aanval Woensdagaand, 19 April op ‘n boer van die omgewing is van ernstige aanranding en huisroof na moord verander, nadat die boer aan sy beserings beswyk het.

Afvoerslote se werk sloer

VANDERBIJLPARK. – Afvoerslote op die hoek van Bequerel straat en Hertz Blvd is ‘n tyd gelede skoongemaak maar rommel na die werk versuur die omgewing.

Brandweer eis hul geldjies

VANDERBIJLPARK. – Die brandweerdienste is hoogs ontseld nadat hulle nie salarisse ontvang het nie. Hulle het vanmiddag die uitgange van die Munisipale kantore op Vanderbijlpark afgeblok met honderde werkers binne.

Ai, wat word van Peacehaven – skokkend

Peacehaven, wat deur inwoners beskryf word as ‘n woonbuurt wat in ‘n stadium mooi, skoon en netjies was, lyk tans vervalle met al die slaggate, rommel, lang gras en gemors wat die hele buurt vol is.

Plaasaanval nou moord

VANDERBIJLPARK. – Die Plaasaanval Woensdagaand 19 April het verander van ernstige aanranding en huisroof na moord.

Twee swanger vroue sterf toe motor hulle tref

‘n Tragiese toneel het gister op die N14 naby die Beyers Naudé-afrit in Johannesburg afgespeel toe twee swanger vroue deur ‘n motor getref is. Beide het noodlottige beserings opgedoen. 

Heilbron ongeluk – opdatering

SASOLBURG. – JC Pretorius (Jnr), die eienaar van die bekende Tau Thaba-leeuplaas buite Heilbron, het ernstige beserings in die botsing opgedoen Dinsdagaand 18 April toe die Ford Ranger wat hy bestuur het, reg van voor met ‘n ander bakkie gebots het.

Plaasaanval in ons area

VANDERBIJLPARK. – ‘n Plaasaanval gisteraand 19 April laat mens weereens besef dat niemand meer veilig is in jou eie woning of daarbuite, hetsy jonk of oud.

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top