Bruid van die Jaar 2018

SPRANKELBRUIDE VAN 2018 MOET INSKRYF

Na ‘n suksesvolle 2017 bruidskompetisie, is ons gereed om 2018 se stroom van bruide te ontvang.

Hierdie jaar maak ons weereens so en ons funksie gaan in die vorm van ‘n ontbyt wees, aan die oewer van die Vaalrivier.

Bruide moet let op die volgende :

  • Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember.
  • Gedurende hierdie tyd sal al die deelnemers se foto’s op Vaalweekblad se webblad gepubliseer word.
  • Bruide moet die inskrywingsvorm voltooi en onderteken wat aan hulle per e-pos gestuur sal word.
  • Onderhoude sal met bruide gevoer word en daar sal steeds 2 finaliste per maand gekies word wat in die Vaalweekblad gepubliseer sal word.
  • Daar sal nie ‘n stemproses wees nie.
  • Bruide moet in die Vaaldriehoek woonagtig wees.
  • Geen korrespondensie sal na afloop van onderhoude en kompetisie gewissel word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal.

Bruide kan hulle foto’s nou vir ons instuur.  Foto’s sal weekliks opgedateer word.  Stuur ‘n e-pos aan Penelope van Vuuren by [email protected].  Wanneer jou foto ontvang word, sal die inskrywingsvorm aan jou gestuur word.

Inligting wat ons saam met die foto (jpg-formaat) moet ontvang is die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en ‘n kontaknommer vir die bruid.

Maryke en Conrad Robbertze is op 31 Maart 2018 getroud.  Hulle glo : ‘n huwelik sonder God beteken niks.  Hulle het ‘n 7 jaar lange verhouding wat gekenmerk word deur : spesialiteit, liefde, opofferings en vergifnis.  Conrad is die man van haar drome en haar beste vriend.

Chantéll en Hannes van Niekerk – 16 Maart 2018

Ons waardes teenoor mekaar is die basiese beginsels van wat daar moet wees in ‘n huwelik maar wat dit so lekker en spesiaal maak is die feit dat ek rerig waar ‘n baie goeie man gekry het. Hy wil net die beste vir my hê, hy maak my so gelukkig.

Ons het ‘n baie sterk band nog van die begin af gehad hy is my beste vriend ek deel alles met hom en hy ondersteun my en help my altyd. Deur moeilike tye staan ons saam en probeer altyd ‘n oplossing te kry vir wat die beste gaan wees vir ons altwee, hy dink nie net aan hom nie hy dink eers aan my en dan besluit hy verder hoe en wat hy wil maak. Ons huwelik is spesiaal oor die feit dat ons weet waar ons met mekaar staan, lojaliteit is daar, eerlikheid, opregtheid en liefde is beslis daar. Ons geniet mekaar baie ons het nie die heeltyd ander mense nodig om geluk te kan he nie.

Chanél en Dirk Badenhorst is op 28 April 2018 in die huwelik bevestig.

Taylor en Jacques Hitchcock – 30 Maart 2018.  Ons waardes is respek en liefde vir mekaar dan kom vergifnis en opofferings vanself.  Wat ons huwelik so spesiaal maak is dat ons beste vriende van die dag wat ons ontmoet het is en al was ons al deur so baie die afgelope 4 en ‘n half jaar is ons liefde net sterker.

Hy is die liefde van my lewe en ek glo dat God hom op my pad gesit en in my hart gesit het, net na my pa se dood.  Ons huweiliksdag en wittebrood was alles waaroor ons gedroom het, nes uit ‘n regte sprokieverhaal. Ons as man en vrou glo sterk dat hoe nader ons aan God is, hoe nader sal ons aan mekaar wees. Met God as ons anker glo ek dat ons liefde net sterker sal word. 

Kathleen & Paul Claassen se sprokiesdag het op 17 Maart 2018 plaasgevind.

Addie en Meri Louwrens is op 14 April 2018 in die huwelik bevestig.

Alicia Trollip is op 17 Maart 2018 met Stephan Botha in die huwelik bevestig.

Op ons trou dag het die dominee ons vir mekaar laat rekkies om die ander een se arm sit.  Dit was ‘n simbool dat jy jouself nou ten volle vir die ander person gee.  Ons verhouding was nog altyd gebou op wedersydse respek.  En nie net respek in die gewone sin nie, maar ook respek vir mekaar se verskille.  Ons weet dit is soms moeilik maar ons streef elke dag om mekaar die spasie te gee om werklik te wees wie jy is.  Ons aanvaar mekaar se dinge al verstaan ons dit nie altyd nie maar saam met dit kom die verantwoordelikheid van kompromie.  Ons is sulke goeie vriende dat dit soms nie eers soos kompromie voel nie.  Ek doen dinge vir hom omdat ek wil en dit vir my lekker is, en hy vir my.  In ons besige lewe maak ons ook tyd vir mekaar en ons het moeite gedoen om mekaar se liefdestaal uit te vind met toetse en probeer elke dag meer verstaan hoe die ander person liefhet en lief gehê wil word.   En laaste maar verseker die belangrikste, ons streef om elke dag vir die ander persoon life te wees soos God ons liefhet.

Carla en Tiaan Bester – 24 Maart 2018

Ons glo dat God eerste kom en vorm die toppunt van ‘n goeie huwelik.

* Ons het baie lank gewag en gebid vir mekaar en het nooit gedink dat ons iemand sal vind nie. Dit maak ons verhouding ekstra spesiaal, want ons herinner mekaar daagliks hoe gelukkig ons is dat ons mekaar gevind het en dat ons dit moet koester.

* Ons aanvaar mekaar onvoorwaardelik, respkteer mekaar en lag baie saam.     * Moet nooit kwaad gaan slaap nie en moet nooit uit skottelgoedwas-blokkies uithardloop nie.

Trudie en Phillip Botha – 26 Mei 2018.

Ons is getroud nadat ons net 3 weke verloof was. Ons ken mekaar al 25 jaar en is die laaste 3 jaar in n verhouding gewees. En al het ons deur so baie gegaan die laaste paar jaar het dit ons net nader aan mekaar gebring en ons liefde versterk.

Ons glo daaraan om mekaar by te staan deur goeie en slegte tye en altyd iets te vind om oor te lag.

Elize en Gawie Trollip – 20 Januarie 2018

Ons waardes is deur God se belofte aan mekaar ingestel.

Hy wat hulle geskep het, [het] hulle van die begin af man en vrou gemaak [en gesê]: ‘Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees wees‘ . . . Wat God dan onder een juk saamgevoeg het, moet geen mens skei nie.”—Jesus Christus, soos opgeteken in Matteus 19:4-6.

Volgens ons tema van ons troue met die kleure wat ons daarin gebring het wat wit vir vreugde en vrede vertoon. En rooi vir liefde. Waar die swart tot die dood ons skei tenvore gebring het. Leef ons uit elke dag. Waar daar skaafwerk elke dag in enige huwelik is. Ons motto is om n verskil in ander mense se lewe te maak deur dit te bevestig met die woord wat God vir ons mee saamgevoeg het in Korintiers 13.

Ons lewe in vreugde en vrede en geluk en liefde vir mekaar.

Ek hoop om n verskil in iemand se lewe te maak om te se dat, jy nie haastig moet wees nie. Want God sal jou eggenoot vir jou stuur en jy sal weet. En sodra jou ouers goedkeuring gee van albei kante af kan jy maar weet jy het geluister en volg jou instink.

Ek is baie gelukkig. Want God het nooit nee vir my gesê nie. Hy het gesê nie nou nie….. Vandag is ek die gelukkigste mens op aarde met kind en man wat in God se tyd gebeur het.

Wees dankbaar en wys dit aan mekaar.

Sumarie en Danie Kruger – 3 Februarie 2018

Ons waardes is om ons Huwelik te respekteer, getroud te bly aanmekaar en God saam te dien.

Wat ons huwelik spesiaal maak is die feit dat ons vir mekaar uitkyk, ons verkies om als saam te doen. Ons is mekaar se beste vriende.

Angelique en Heinz Sauer is op 3 Maart 2018 in die huwelik bevestig.

Ons troue was rerig sprokies mooi gewees. Blomme orals, heerlike kos, die mense het lekker gekuier. Ek het ‘n droom trourok gehad, Heinz het met ons eerste dans net die heeltyd gebid die liedjie maak klaar, ek moet sê dis asof dit ‘n extended version was. Maar hy’t my in trane gehad met sy speech en dis dalk cliché, maar ek het rerig met my beste vriend getrou. Hy is my rots en ek weet nie of ek alles wat gebeur het alleen kon doen nie. Die Here het hom aan my toe vertrou. En kan rerig nie wag vir die res van my lewe saam met hom nie.  Hy plaas God eerste en dan my en Miané. En ek kan nie meer dankbaar wees daarvoor nie.

Coetzee en Christel Theron is getroud op 10 Februarie 2018.

Dekker en Frances Coetzee is op 31 Maart 2018 getroud.

Charlene en Hanu van Niekerk het op 31 Maart 2018 in die huwelik getree.

Tanya en Paul Calitz se troudag was op 28ste April 2018.

Natasha en JC Green

Geniet mekaar terdeë! Lag, speel en wees laf saam!

Staan saam in geloof.

Ons deel menigte passies en belangstelling, so ‘opposites attract’ bestaan nie in ons woordeskat nie- ons is baie eenders! Ons bou sáám aan ons drome en ondersteun mekaar… Ry ook saam motorfiets op die Kalahari se grondpaaie!

Deel huistakies en help mekaar altyd.

My gunsteling gevolgtrekking: We are lovers and best friends at the same time

Sunette en Franco Sadie het op 12 Mei 2018 aan mekaar ewige trou beloof.  Goeie kommunikasie is die sleutel tot enige gelukkige huwelik. Om altyd jouself te wees, en mekaar nie te probeer verander nie… Praat met mekaar, leer mekaar elke dag ken.. Erken as jy verkeerd is.. Moet nie alles oordink, en van ‘n muis ‘n olifant maak nie.. Spandeer gereeld tyd saam, gee mekaar komplimente…. Neem altyd jou maat se gevoelens in ag…
Wees jou maat se grootste fan

André en Bernice de Lange is op 1 September 2018 getroud.

Die waardes in ons huwelik:
• Verhoudings – ‘n vrou moet nooit ophou met haar man flirt nie, en ‘n man moet nooit ophou om sy vrou te “date” nie.
• Avontuurlustig – Ons albei is baie ekstrovert en geniet die buitelewe, ons probeer soveel moontlike tyd saam in die natuur deurbring.
• Opreg – Jy moet eg wees aan jou lewensmaat, tot die dood ons skei, die huwelik is vir ons ‘n lang-termyn belegging, jy gaan meer vrug dra hoe meer werk jy daarin sit. “Therefor what God has joined together, let no man separate”
• Respek – Respek word in enige verhouding verdien, en vir ons, is die grootste deel van ons huwelik. Jy moet respek hê vir mekaar.
• Samewerking – “We are no longer two, but one flesh” Ons is saamgevoeg as ‘n span, een persoon kan nie alles self doen nie.
• Eerlikheid & Kommunikasie – Dit is die grootste deel van enige verhouding of huwelik, jy moet die vrymoedigheid hê om met jou maat te kan gesels, kommunikasie is soos die sement wat die huis
se bakstene aan mekaar hou, eerlikheid is die belangrikste, om eerlik te wees, los soveel toekomstige probleme op.
• Christenskap – God is die fondasie van ons huwelik, en niks sal uitwerk as ons nie op Hom staatmaak nie. Hy is die een wat ons saamgevoeg het.

Lag word nie verniet medisyne vir die siel genoem nie, ons lag en speel saam. Ons elkeen het ons verskille en geen persoon is dieselfde nie, ons gee mekaar dus ruimte om te groei, maar tog groei ons as ‘n paar saam. Ons maak gereeld tyd (af en toe te veel) om saam te droom oor ons toekoms. Ons is ons-self in die huwelik en in ons verhouding.

Anuske en Danie Jansen van Vuren is getroud op die 7de April 2018.

Chantelle en Eben Deysel het die 25ste Mei 2018 die ja-woord aan mekaar gegee.

Sprokiesverhale staan nie ‘n kans teen ons troue nie. Elke blommetjie, elke krulletjie en sjoe my handsome prins was meer as perfek. Hy was nou nie ‘n prins op sy wit perd nie, maar hy het definitief my voete onder my uitgeslaan.

In sy navy pak en wit knopies hemp het Eben vir my wag, met my aankoms wat ek saam met my pa die ‘aisle’ afgeloop kom, sien ek hoe Eben ‘n traan pik. Net daar toe sien ek weereens ware liefde. My trane lê ook vlak, want van vandag af is dit God, ek en Eben.

Geloof, Hoop en Liefde. Die Here is die fondasie waarop ons, ons huwelik bou. Deur dik en dun, slegte en goeie tye staan ons saam. ‘n Soentjie so nou en dan vinnig steel, en woorde, ek is lief vir jou, in mekaar se ore fluister, gee my hoendervleis

Marizelle en Ruan Kruger is op  21 Julie 2018 getroud.

Ek wil graag met julle deel hoekom my verhouding so kosbaar en spesiaal is. Daar is nie net liefde in ons verhouding nie daar is respek, omgee, vertroue en kommunikasie. Ons bring die beste in mekaar uit ondersteun mekaar van dag een af 10 jaar terug, maak nie saak wat op ons pad kom of op enige een van ons  se paaie, saam vat ons dit aan en maak die beste van n goeie of ‘n slegte saak. Ons aanvaar mekaar soos ons is en bou mekaar op om ‘n beter toekoms saam te bou om sukses te behaal en baie goeie memories saam te maak as man en vrou. Ons Troudag het niks verander in ons verhouding nie, ja ons het ‘n belofte aan die Here gemaak en aan mekaar, maar dit het ons al besluit die dag toe ons begin kys het, ons troudag was baie spesiaal en als waar oor ons gedroom het .

Tamin en Michael Bower – 31 Augustus 2018

Toe ons voor die kansel staan, het die predikant een van ons gunsteling bybelverse gelees : 1 Kor 13: 4-8

Liefde is geduldig, liefde is vriendelik, liefde verheerlik nie in die kwaad nie maar verheug hom oor die waarheid.  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.  Die liefde vergaan nooit.

Ons probeer elke dag hierdie aardes in ons huwelik toe te pas.

Omdat nie een van ons perfek is nie, sal geduld en vergifnis altyd in ons huwelik vereis word.  Vir ons om ‘n suksesvolle huwelik te hê, probeer ons altyd ongewone geduld en vergifnis vir mekaar te toon.  Ons streef daarna om nederig ons eie foute te erken en verwag nie perfeksie van mekaar nie.

Ons maak ‘n punt daarvan om saam te werk om konflik en probleemareas op te los om groei te bevoder en ‘n volwasse, diep en toegewyde verhouding te handhaaf.  As albei daarin belê om dit te laat werk, het albei werk om te doen, ons glo dat ‘n verhouding nie 50/50 is nie, maar 100/100.

Mari en Jean-Pierre Renney is op 2 Augustus 2018 getroud.

Ons motto is om saam te staan maak nie saak wat of wie teen jou is nie. Bid elke dag vir jou huwelik, ondersteun mekaar en ons probeer onthou dat ons nie altyd saam hoef te stem nie maar mekaar altyd moet respekteer.

‘n Huwelik is nie maklik nie, maar dis die mooiste belofte tussen twee mense en God!

Bianca & Johan de Klerk is op 24 Maart 2018 in die huwelik bevestig .

‘n Gesonde gelukkige huwelik wat deur die Here se liefde aan ons gegee is, na 4 jaar se respek, omgee, komminikasie en liefde vir mekaar, het 2 harte 1 geword.

Gideon en Chantell Bothma is op 1 September in die huwelik bevestig.

Arnoldus en Vicky Coetzee is op 15 September getroud.

Lydia en Braam Venter is op 17 Februarie 2018 in die huwelik bevestig.

Lydia sê : Ons is 10 jaar saam en die groot dag het toe gekom. Nie net ‘n blessing nie maar die heel beste man ooit getrou.

Ek en my man se motto vir ons huwelik is dat dit ‘n suksesvolle een sal bly nie net omdat ons ‘n belofte aan God gemaak het nie maar aan mekaar.  Ons is getrou aan mekaar liefde en ondersteuning en geloof is ons motto. Deur dit kan jy enige iets vat wat na jou kant toe gegooi word.

Wikus en Charma Roos is op 20 Oktober 2018 in die huwelik bevestig.

Dianka en Jaco de Bruyn is op 1 September getroud.

Dianka deel met ons :

Deur elke dag aan ons huwelik te werk soos wat ‘n tuin aandag, water, baie liefde en son nodig het om aan te hou blom en groei. Sonder aandag sal ‘n tuin vaal, droog en lelik word, so ook die huwelik. ‘n Huwelik verg werk en BAIE aandag.

Om aan God se wysheid en genade vas te hou deur alles wat ons saam aanpak.

Om mekaar se opinies/gevoelens in ag te neem wanneer groot besluite geneem word.

Om ‘n huwelik/band te hê waarna baie ander paartjies/getroudes sal streef.

Jessica en André Erasmus is op 15 September in die huwelik bevestig.

Jessica se kommentaar :

Elke dogtertjie word groot met die feëverhale van aspoestertjie en sneeu-wytjie, die storie lyn bly altyd min of meer dieselfde. Dat maak nie saak wat jou omstandighede is nie dat jy altyd sal opeindig met jou ware liefde.

Oor die jare het ek geleer dat elke liefde verhaal verskil en elke een is uniek tot sy eie.  My en André s’n was onverwags.  Hy het nie vir 1 sekonde getwyfel in ONS nie.  Ons huwelik is spesiaal want nooit sal ek weer ‘n man kry soos André nie. Hy het my verwagtinge oorskry.  Ons paadjie was nie altyd gelyk nie. Dit was nie altyd ‘n dans onder die maanlig nie. Maar ons padjie het gemaak dat ons kon leer wat ware liefde is.  Ons huwelik se motto is ons gooi nie weg nie ons maak reg.  En by dit sal ons bly. Vir nou en vir altyd.

Fourie en Amoré du Plessis getroud op 29 September 2018.

Carolina en Wynand Harper is op 27 Oktober in die huwelik bevestig.

Ons waardes is liefde want dit is altyd belangrik, Kommunikasie soos ons dominee gepreek het vir ons op ons troue en ook familie is belangrik vir ons.

Ons huwelik is spesiaal want geloof is 1ste in ons huwelik asook respek .

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top