Bruid van die Jaar 2017

Bruid van die Jaar 2017

SPRANKELBRUIDE VAN 2017 MOET INSKRYF

 

Soos die tye verander, het ons dit goed gedink om ons Bruid van die Jaar kompetisie ook aan te pas.

 

Ons funksie gaan in die vorm van ‘n ontbyt wees, aan die oewer van die Vaalrivier.

 

Bruide moet let op die volgende :

 

  • Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember.
  • Gedurende hierdie tyd sal al die deelnemers se foto’s op Vaalweekblad se webblad gepubliseer word.
  • Bruide moet die inskrywingsvorm voltooi en onderteken wat aan hulle per e-pos gestuur sal word.
  • Onderhoude sal met bruide gevoer word en daar sal steeds 2 finaliste per maand gekies word wat in die Vaalweekblad gepubliseer sal word.
  • Daar sal nie ‘n stemproses wees nie.
  • Bruide moet in die Vaaldriehoek woonagtig wees.
  • Geen korrespondensie sal na afloop van onderhoude en kompetisie gewissel word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal.

 

Bruide kan hulle foto’s nou vir ons instuur.  Foto’s sal weekliks opgedateer word.  Stuur ‘n e-pos aan Penelope van Vuuren by pvanvuur@media24.com.  Wanneer jou foto ontvang word, sal die inskrywingsvorm aan jou gestuur word.

Inligting wat ons saam met die foto (jpg-formaat) moet ontvang is die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en ‘n kontaknommer vir die bruid.

Suzaan Kruger – “marriage is like a rose without love and care it can’t grow”.  Ons siening is dat ‘n man en vrou moet nooit opgee op mekaar nie en ‘n huwelik is beslis nie maklik nie maar die dag wanneer mens op hulle herdenkings terugkyk kan hulle sê, ons het dit gemaak want ons het dit saam gedoen soos ‘n span.

Nastasia Malan – is op 18 Maart getroud.

Ons Waardes:

Goeie Kommunikasie

Eerlikheid

Getrouheid

Ek en my man Pierre ken mekaar al 12 jaar, het op skool uitgegaan maar toe het elkeen ons eie pad gegaan. Ons het nooit kontak verloor nie en 3 jaar gelede het ons paaie weer gekruis.

Marikkie Taylor – My en Heinrich se waardes en wat ons huwelik spesiaal maak is sonder twyfel dat ons JESUS eerste sit want dan groei ons in mekaar ook. Ons deel ALLES daar is niks wat ons geheim hou nie, ons praat eerder voordat ons wegsteek. Ons is mekaar se beste maatjie en doen graag spesiale goed vir mekaar.

Ons is in die 7de hemel as ons saam in die kar vêr pad ry en kan gesels en saam sing en ons lag elke dag vir mekaar aangesien ons albei lekker uitspatting en simpel kan wees. En drukkies en soentjies is vir ons spesiaal…

Liandi Vorster – vertel wat hul huwelik spesiaal maak.

  • Ons is geluk vir mekaar se harte en kos vir mekaar se siel.
  • Ons groei saam, maar bly ook tog die mense waarop ons verlief geraak het.
  • Ons lag saam in tye van geluk en vou mekaar toe in tye van hartseer.
  • Ons deel dieselfde drome en tel elkedag ons seëninge.
  • Ons bied mekaar ons volle liefde – in woede ook.
  • Ons ondersteun mekaar en respekteer mekaar.
  • Ons bied mekaar rustigheid en dra mekaar op ons hande.
  • Maar die heel belangrikste – ONS IS MEKAAR SE BESTE VRIENDE

Jeantelle en Raynhardt Claassen is op 21 Maart 2017 in Vereeniging getroud.

Carolien van Heerden – Ek dink wat ons huwelik spesiaal maak is dat ons mekaar respekteer, ondersteun en nie net lewensmaats vir mekaar is nie, nie net man en vrou nie, ons is ook beste vriende, sielsgenote. Ons doen alles saam, ons hardloop week na week… wedloop na wedloop saam. Tree vir tree, dag vir dag is ons daar vir mekaar.

Bianca Boshoff – What makes our relationship special is that we both finally found true love after so many years.

We base our relationship on love and respect and our key trademark is team work.  Working together as a team in all aspects of life and always staying on the same page through communication works wonders for us. It erases the misunderstandings and assumptions that are bound to be the little fight causes.

Wanri Smit Ihlenfeldt – se huwelikswaardes is :

Respekteer mekaar.   Aanvaar mekaar al verskil ons soms.  Staan saam.

Gee mekaar beweeg ruimte.

Belangrikse……. Ons is 3 wat aan hierdie huwelik werk.  Ons 2 is nooit alleen nie.

MOTTO:  AANHOU EN UITHOU!!

“Love never fails”

Twanette Koutandos – Ons waardes is om mekaar te respekteer in alle opsigte, ons vertrou mekaar en is aanvaar mekaar se foute al is dit nie altyd so maklik, eerlikikheid is vir my baie belangrik, ons gun en ondersteun mekaar in als wat ons doen.

 

Ons ‘motto’ is om net gelukkig te wees en ons drome saam te kan uit leef en bou.

Shune Celliers – Ons trou dag was ‘n sprokiesbruilof, al my drome van kleins af is in daardie dag vasgevang. Dit was by vere die beste, mooiste dag in ons lewens.
Ons waardes as ‘n pasgetroude paartjies is defnitief om daar te wees vir mekaar in alle omstandigehede in vandag se lewenswyse. God is ons BRON in ons Huwelik. Ons mylpaal is ons saam te werk en nie teen mekaar te werk nie om mekaar elk dag op te bou en nie aftebreuk nie. Dit is nie altyd maklike nie maar ons herinner ons daagliks daaraan dat ons n span is en nie die eie ek meer nie.
Wat ons huwelik vir my so spesiaal is ek het met my beste maatjie getrou het.

Nicole en Eugene Kidson is op 31 Maart 2017 in die huwelik bevestig.

Monique de Wet – ‘n Sprokie verg natuurlik ‘’die ridder op sy wit perd’’… en dit is presies wie my Man vir my is! Ons waardeer die klein dinge in die lewe, die beste huwelik is immers nie gebasseer op groot goed nie, maar die alledaagse klein dingetjies soos Geloof, Hoop , Liefde &  respek vir mekaar!
Dit is wat die lewe saam met jou sielsgenoot die moeite werd maak…Deur die tyd en die moeite in te sit wat vereis word as mens enige iets van waarde wil bereik.  Dit is juis hierdie waardes wat ons huwelik so spesiaal maak.

Monic en Chris Langenhoven is op 8 Januarie 2017 Getroud op Rivier Plaas in Meyerton.

Michelle van Vuuren – as jy wil hê iets moet verewig hou, dat troetel jy dit met spesiale sorg, jy beskut en beskerm dit, jy verwaardloos of mishandel dit nooit, jy maak dit nie gewoon of ordinêr nie.  As dit sy glans verloor en begin verdof, dan poleer jy dit dat dit weer sprankel soos nuut.  Dan word dit spesiaal omdat jy dit so gemaak het en dit groei mooier as vantevore en word kosbaar soos die tyd aanstap.

Maryna en Christo Botha is op 25 Maart 2017 getroud.

Maryke Mitchell deel haar huwelikswaardes :

  • Vir My en Donovan is die grootste waarde die instelling van die huwelik volgens God se wet.
  • Geloof, Hoop en Liefde
  • Wedersydse respek
  • Wedersydse vertroue
  • As kinders vir ons beskore is om hulle groot te maak volgens God se Wil

Lindy von Benecke – Wat ons huwelik spesiaal maak is ons bereidwilligheid om ons verskillende persoonlikheidseienskappe te erken en daarvolgens aan te pas en sodoende te groei.  Kommunikasie is ook baie belangrik en ons laat nie toe dat ons kinders tussen ons kom nie, ons twee is al wat nou belangrik is.  Ons Waardes, sou ek se, Ons Here is deel van ons huwelik en ons werk vir mekaar na mekaar toe.

Karina Henrico da Silva is op 8 Februarie 2017 met Eddie in die huwelik bevestig.

Julie van der Merwe – Eerstens heg ons diep waardes aan ons Geloof en Godsdiens. Sonder die belangrike element in ‘n huwelik kan ons nie ‘n stewige fondasie vorm voort te bou nie.
Tweedens heg ons waardes aan ons gesin en gesinstyd om mekaar te help groei en om mekaar meer te waardeer en respekteur.
Ek glo dat ek en Johan soos ‘n puzzle perfek in mekaar inskakel. Ons leer van mekaar en vul mekaar op soveel vlakke aan. Hy het my op nuut geleer om die natuur te waardeer en hy het by my geleer om sport te geniet en waardeer.
Ons het sterk vertroue in mekaar en staan mekaar by deur goeie en moeilike tye.

Jean-mari is op 4 Maart 2017 met Stephan Beetge getroud.

Janine Vermeulen – ons het sterk Christelike waardes.  Ons glo in mekaar, ons glo in liefde, ons glo in vertroue, ons glo dat wat ookal oor ons pad mag kom, ons dit as man en vrou sal oorwin.  Ons glo in respek vir ons ouers, want ouers is kosbaar en onvervangbaar.

Van hier af verder is ons EEN en het ons een wonderlike toekoms wat wag.

Desery en Ralf Zeller is op 4 Maart 2017 getroud.

Daleen Labuschagne is op 26 Augustus 2017 met Johnny getroud.

Cheryl Maartens – Ons staan mekaar deur dik en dun by, baie respek vir mekaar, met goeie kommunikasie. Deel in ons lief en leed, vul mekaar se behoeftes aan . Ek en Brendon is albei natuur liefhebbers en baie na aan ons families. Hy is n sagte mens met n baie goeie hart en vreeslik liefdevol. Ons geniet elke oomlik saam met mekaar en pak graag n taak saam aan, wat die humor uitbring.

Charleen van Zyl – Ek persoonlik dink wat ons huwelik so spesiaal maak is omdat ons al twee weet wat ons in mekaar het en dat ons mekaar respekteer. Ons al twee kom uit vorige verhoudings wat baie moeilik was en dis asof dit ons sterker mense gemaak het, en dat ons nou weet wat ons in mekaar het.

Ons belofte aan mekaar is om nooit kwaad te gaan slaap nie want jy weet nooit of die ander een die volgende oggend gaan wakker word nie, mens moet mekaar waardeer en mekaar nooit ophou lief hê nie, die lewe is so kort en jy weet nooit wanneer dit jou tyd is om te gaan nie.

Ek kan nie genoeg dankie sê vir die Here dat hy so ‘n goeie man op my pad gesit het nie en selfs vir my dogtertjie ‘n tweede kans gegee om te kan besef dat daar ‘n Pappa is wat lief is vir haar nes sy is.

Bertha Phillips – Vir ons gaan dit oor hande vat en die pad saam stap. Twee hande in mekaar

DUIME – ONVOORWAARDELIKE respek vir mekaar – respek vir die Goddelike rol van die man en vrou binne die huwelik – dat die man die hoof is en dat die vrou gemaak is om sagter te wees.

WYSVINGERS: KONSEDERASIE – om mekaar se harte en behoeftes te konsedereer al is dit minder belangrike vir jou, maar belangrik is vir die ander persoon.

MIDDELVINGERS: KOMMUNIKASIE: om oor alles te kan praat – oor drome, seer goed, oor bang maak goed. Om regtig saam te kan lag en huil.

RINGVINGERS: VRYHEID: Om mekaar ruimte te gee vir “TO BE – just be who you were born to be”.

PINKIES: VERTROUE: Om mekaar se harte te bewaar – om die vertroue van die troubelofte te koester en niks te doen om dit te verwoes nie. Dis 2 hande wat in mekaar mekaar vou – vir ALTYD.

Annatjie en Gerrie Kruger is op 6 Mei 2017 in die huwelik bevestig.

Alicia Botes – Ons waardes as n man en vrou is om God eerste te stel, hoe nader ons aan Hom bewees hoe nader sal ons aan mekaar bewees.

Ek glo ons huwelik is spesiaal omdat ons mekaar se beste vriend is en dat ons weet ons liefde, hoop en waardes kom van ons Vader af.

Zurika en Ben Klopper is op 18 Maart 2017 getroud.

Zenda Goosen – Ons as getroude paartjie beskou ons huwelik as n heilige verbintenis. Ons ondersteun mekaar. Ons maak seker ons is daar vir mekaar tydens goeie dae, slegte dae en met alle uitdagings wat ons alleen of saam aanpak.

Baie belangrik is dat ons getrou is aan mekaar.

Ons huwelik is spesiaal omdat ons perfek bymekaar pas. Dit voel of ons mekaar al n leeftyd ken. Ons weet presies wanneer daar iets pla sonder om n woord te se. Ons aanvaar mekaar nes ons is en probeer nie om mekaar te verander nie. Soos die gesegde se ” I want to hold your hand when we are eighty years old and say that we have made it”….dit sal defnitief ons wees.

Yolanda Rademan – Ons glo op n strek Christelike fondasie in ons huwelik met n sterk liefdes band. Kommunikasie is vir ons baie belangrik. As ons n propleem het identifiseer ons dit en sien dit ook as n geleentheid om saam aan die huwelik te werk en gemeenskaplike hanteringstegnieke te vind. Ons glo aan die Bravo van die huwelik:

Begrip vir mekaar;

Respek vir mekaar;

Aanvaarding van mekaar;

Vertroue in mekaar;

Openhatigheid teenoor mekaar.

Andrea en Gerhard Botes is op 28 Oktober 2017 getroud.

Angelique en Gerrit Schutte is op 28 Oktober 2017 in die huwelik bevestig.

Daleen Kruger – Ons is op die 20ste Oktober getroud by Bennedetto on Vaal.  Dit was vir my ongelooflik spesiaal om in die kapel in te stap en te sien hoe die prentjie uiteindelik voltooi word, met al ons familie en vriende teenwoordig, en my man wat voor vir my in die kerk staan en wag.

Tydens ons gesprekke met die dominee kort voor die troue het hy met ons die advies gedeel om nooit hard met mekaar te praat nie, ons doen dit op ‘n daaglikse basis. Ons plaas ook die Here en ons verhouding met Hom eerste voor alle ander dinge en soek daagliks daar ons krag.

Ons huwelik baseer ons op die volgende:-

  • Saam werk
  • Praat saam
  • Luister saam
  • Dink saam
  • Hoop saam
  • Glo saam
  • Bid saam
  • Huil saam
  • Lag saam

Charmolize Mathee – Ons huwelik is verseker dat ons Jesus eerste in ons lewe stel maak nie saak goed of sleg nie, volgens ons is dit eerstens die waardevolste waarde om in ons huwelik te hê.

  • Ons is oneindig baie lief vir mekaar en respekteer mekaar.
  • Ons staan mekaar by in alle omstandighede goed of sleg.
  • Ons motto vir ons huwelik is altyd LIEFDE OORWIN ALLES en dit werk verseker.
  • Ons deel altyd alles met mekaar daar word niks weerhou van mekaar nie want die waarheid maak vry en vertroue is baie belangrik.
  • Ons is albei baie geseend om mekaar te hê Jesus het ons uit ons skoene uit geseën met mekaar “a match made in heaven”.
  • Ons sal mekaar lief hê tot die dood ons eendag skei, niks anders sal dit verander nie ons is `n “mean team”.
  • Ons huwelik belofte aan mekaar is: LIEFDE GEE NOOIT OP NIE (never quit).

Gertjie en Patricia Delport het op 25 November 2017 die groot stap geneem.

Lisa & Shane Anderson se troudag was op 11 November 2017 by Stukkie & Stokkie Wedding Venue, Heidelberg.

Marcha Pieterse – Wat ons huwelik so special maak: alles het begin op laerskool… so was ons verlief op mekaar selfs “gekys” waarna ons na verskillende hoërskole toe is wat ons padjie natuurlik geskei het. Jare later na skool het ons weer by mekaar uitgekom en net so verlief op mekaar soos skool kinders. Ware liefde vergaan nooit nie. En glo dat ons werklik bedoel is vir mekaar, so dat ons dit vas gevang het met ons huweliks belofde voor die Here en aan mekaar.

Raymond en Michelle Fourie is vroeër in die jaar op 8 April 2017 getroud.

Die pragtige Grobler paartjie, Moray & Monique is getroud op 8 September 2017 in die huwelik bevestig.

Natalje en Clifford Halgryn het die groot stap in 2017 geneem.

Kayla du Toit – ‘n huwelik vat altyd net soveel werk as liefde. Ons glo dat ‘n paartjie wat in die huwelik aan mekaar verbonde is nooit moet ophou om mekaar te leer ken nie en soms staan ons verstom oor sowaar nog ‘n nuwe ding wat ‘n ons van mekaar kon verken. Ons sluit die Here in elkeen van ons besluite in en sal nooit met ‘n besluit of enige ander aspek van ons lewens voortgaan voordat ons dit nie eers met mekaar bespreek het nie. Ons ag vertroue in en eerlikheid met mekaar as baie belangrik en as ‘n eenheid probeer ons altyd om goedhardtigheid te bevorder aan al ons vriende, familie en ook wanneer ons nuwe mense ontmoet. Ons is mekaar se grootste ondersteuners en glo dat saam is ons sterker as alleen en is daar dus niks wat ons nie saam sal kan oorkom nie, twee is immers beter as een. Ons is in vreudge vir ewig en in liefde gebind, altyd.

Jaco & Alet van Dyk is op 23 September 2017 in die huwelik bevestig.

Ons het ons eenheid op ‘n besondere manier gedemonstreer deur sout te gebruik.  Die twee houers verskillende kleure sout simboliseer my en my man, Pieter se afsonderlike lewe.  Die derde houer verteenwoordig ons huwelik.
Wanneer die twee houers sout in die derde houer gegooi word, sal die
inhoud van die twee afsonderlike individuele houers nie meer bestaan
nie, maar dit sal saamvloei as een nuwe eenheid.  Die eet, ruil en meng van sout is gebruik om ooreenkomste, kontrakte, vredesverdrae & huwelike te verseël.
. Sout is ‘n preserveermiddel, smaakmiddel, steriliseermiddel.
. Sout simboliseer die reinheid, genot, geluk, ewigheid en heiligheid van die huwelik.
. Die afsonderlike houers sout verteenwoordig alles wat ons is en alles wat ons ooit sal wees.
. Die saamvloei von die twee kleure sout getuig van die eenheid en verbondenheid in ons huwelik.
. Die afsonderlike korrels van die twee kleure sout kan nooit weer geskei word nie, en kon nie weer in die individuele houers terug gegooi word nie.

“No matter what” (The beginning of our forever)

Ons waardes:
*God en geloof
*Eerlikheid
*Opregtheid
*Kommunikasie
*Respek
*Lojaliteit
*Waardering
*Opofferings

Wat maak ons Huwelik spesiaal:

Dit is nie net ‘n huwelik nie maar ook n vriendskap daar is nie net liefde nie maar geluk vreugde en vrede ons neem mekaar in ag en gaan slaap nooit kwaad nie ons God kom voor ons huwelik en dit is hoekom ons huwelik spesiaal is want God is deel daarvan.

Charne Crous –

Ons troudag was ONS dag , ‘n egte plat-op-die-aarde boere troue saam al ons mense-mense familie en vriende.

Ek’s gin boervrou (nog nie), maar ek het met my boerseun getrou. Ek en Izak is al 8 jaar ‘n paartjie en 9 maande getroud.  (Ons het gedink die dag gaan nooit kom nie!)

Ons waardes vir ‘n gesonde huwelik is om nooit kwaad te gaan slaap nie, respekteer mekaar en bemoedig mekaar in elkeen se drome en aspirasies, gee nooit op nie en gee alle dank en eer, vir alles wat ons is en het, aan ons Hemelse Vader.

Ons strewe om die beste vir mekaar te wees deur die moeilike en maklike tye.

Wat maak ons huwelik spesiaal – wedersydse respek , goeie kommunikasie , en kinderlike opgewondenheid vir mekaar.

Cathy en Robby is op 16 Desember 2017 getrou.  > Op hierdie spesiale dag het ons ons Harte aan mekaar gegee, my beste vriend word my man! My droom is bewaarheid, geseen is ons om mekaar te kon vind…. So begin ons ons lewenspad saam stap met God se leiding.

Vir ons beteken die woord troue die simbool van liefde en eenheid, ‘n belofte om mekaar altyd eerste te stel. Te luister na mekaar se Harte en altyd respek te toon teenoor mekaar. Ons het ‘n belofte aan mekaar gemaak om nie net JA te se op die 16de Desember nie… Ons JA is elke dag vir die res van ons lewens.

Wat ons huwelik spesiaal maak is dat ons altyd saam kan lag en gesels. Elke oomblik is kosbaar vir ons.

Angie en Darryl se troudag was op 28 Oktober 2017.

Ons waardes as ‘n pasgetroude paartjie is om daar te wees vir mekaar in alle opsigte. Ons ondersteun mekaar in alles wat ons doen.

Ons weet daar is net een weg na ‘n goeie en gelukkige huwelik en dit Is om alle eer aan GOD te gee en hom te prys, en dit is wat ek en my man elke aand doen voor ons gaan slaap.

Ons is werklik mekaar se beste maat. Ons doen niks sonder mekaar nie en gee 100% in alles wat ons doen. Ons het albei ‘n goeie sin van humor en hou daarvan om net pret te he.

Ons bly needrig en liefdevol, en kyk waar ons mekaar elke dag kan bystaan. Ons het geleer om geduldig te wees met mekaar wanneer dinge nie altyd perfek loop nie.

Ons is amper 9 jaar saam en ons is nogsteeds verlief. Ons was al deur diep water gewees, goeie en slegte tye gehad, maar met GOD se genade en liefde het ons sterker aan die ander kant uitgekom.

Dit is wat ons huwelik nou baie spesiaal maak. Dit het ons liedfe en geduld vir mekaar net soveel meer sterker gemaak en ons glo ons kan enige iets saam aanvat en ‘n sukses maak daarvan.

Colene en Christo Rossouw het op 7 Oktober ewige trou aan mekaar beloof.

Renier en Charmaine de Koker is op die 1ste April 2017 getroud

Simoné en Conrad Coertze – Ons albei is baie gelowige mense, en die Here is werklik die middelpunt van ons huwelik. Ons kan getuig dat dit soveel seën in ons huwelik bring. Ons hanteer mekaar met soveel liefde, respek en omgee. Ons is ook sensitief vir mekaar se behoeftes en liefdestale, so ons doen regtig moeite om die ander persoon gelukkig te maak. Ons glo dat onselfsugtigheid ‘n belangrike bestandeel is vir ‘n gelukkige huwelik – as ons altyd die ander persoon eerste stel sal ons mekaar se gevoelens in ag neem, vir mekaar dinge gun, en altyd poog om die ander persoon gelukkig te maak.Ons is ook albei mense wat omgee vir ander, wat altyd bereid sal wees om ander te help waar ons kan.

Ian & Lizette van der Veen is op 9 Desember 2017 in die huwelik bevestig.

Ons (Ian en Lizette) se huwelik is nie die tipiese “ons voltooi mekaar se sinne” nie.   In stede daarvan, vul ons mekaar geestelik, fisies en emosioneel aan.  Ons bou mekaar op en werk saam, hand in hand, aan ‘n toekoms waarvan ons altwee droom.

Claudette en Jaco Theunissen – Ek het nooit geglo in liefde met die eerste oogopslag nie…tot ek die dag vir Jaco sien, toe weet ek dit is my trouman!  Ons is al vanaf skool saam en ons het saam gegroei en mekaar die geleentheid gegee om eers ons eie ‘individuele’ drome na te streef voordat ons die knoop deurhaak.  Ons het mekaar nog altyd met alles bygestaan en ondersteun.  Ons glo daarin om mekaar nie ‘n ‘n boks te druk en te probeer verander nie maar mekaar spasie te gee en ook te ‘compromise’ indien dit nodig is.  Ons het nog nooit baklei nie en ons beplan ook om dit so te hou.  Ons glo ‘n huwelik is gebaseer op vertroue, respek, kommunikasie, vriendskap en die belangrikste om ons oë op God te hou.

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top