SPL-kampioene gekroon

Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Die Risiville-0val was Saterdag die verhoog waarop die eindstryde van die Topfix SPL T20-reeks vir 2018 homself afgespeel het.
Trane van blydskap en teleurstelling het op dié dag gerol nadat die Pirates en Rippers onderskeidelik as die Sedibeng Premier Leaugue se o.11- en o.13-kampioen gekroon is.
Die Pirates het ’n vyfster-vertoning gelewer om die Mega Thunders met 44 lopies te klop.
In die o.13-eindstryd het die Rippers met ses paaltjies teen die Goscor Gladiators geseëvier om die reeks onoorwonne af te sluit.
Wat die individuele-toekennings betref, het die Rippers se Zavier van Rensburg die Speler van die Reeks-titel gebuit. Die veelsydige jongeling het 152 lopies van 109 aflewerings in drie kragmetings aangeteken. Dit het ook twee vyftigtalle ingesluit. Sy bydrae met die bal is ook prysenswaardig. Hy het vier paaltjies in 9 beurte platgetrek en slegs 5.2 lopies per beurt afgestaan.
Die o.13-bouler van die reeks was Duan du Toit van die Rippers wat 5/38 in 9 beurte laat kantel het. Leo Viviers (Goscor Gladiators: 5/42 in 9), Ryan Thomson (Red Ravens: 5/51 in 8) en Rico Fourie (Goscor Gladiators: 4/36 in 9).
Die voorste lopievraat in die o.13-afdeling was Zavier van Rensburg wat 152 lopies van 109 aflewerings gemoker het. Die ander wilgerlatswaaiers wat indruk gemaak het, is Dihan Janse van Rensburg (Goscor Gladiators: 115 van 79 balle), Gustav Beer (Red Ravens: 114 van 79 balle) en Heinrich Cloete (Delta Spiders: 89 van 103 balle).
In die o.11-afdeling het Janco de Lange (Pirates: 6/14 in 8) en Ricardo Crous (100 van 100 balle) die pas met die bal en kolf aangegee. Die ander boulers wat spesiale vermelding verdien is Charles Collen (Mega Thunders: 6/30 in 8), Rico van der Walt (Smart Smashers: 5/22 in 6) en Jacques Nel (Mega Tunders: 5/23 in 7).
Die ander wilgerlatswaaiers wat hulle kleim afgesteek het, is Quinten van Staden (Sealtec Steamers: 76 van 74 balle), Louis van Wyk (Pirates: 62 van 90 en Jayden Viljoen (Pirates: 58 van 41 balle).

 

 

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top