[Video en fotos]”Bring en braai” eindig in ongeluk

FOTO: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Vier bokkie pasiënte, ‘n klomp drank en drie pasiënte is die gevolg van ‘n ongeluk gisteraand nadat die bestuurder van ‘n bakkie ingegtenis geneem is vir bestuur onder die invloed.

Die ongeluk het gisteraand na 18:00, 3 November,  op  die kruising van Hertz boulevard en Siemenstraat plaasgevind toe die bestuurder van ‘n Nissan Navara vermoedelik ingedraai het vanaf Siemenstraat na Hertz boulevard en teen die regter-agterkant van ‘n aankomende Mazda gebots het. Die vroue bestuurder van die Mazda het beheer verloor en die voertuig het gerol en op sy dak te lande gekom. Die Navara het teen ‘n heining tot stilstand gekom.

Die bestuurder van die Navara was ongedeerd maar sy passasier is beseer en deur paramediese personeel na die hospitaal geneem vir behandeling. Vier bokkies, wat agter op die bakkie met ‘n seiltjie toegemaak was, het begin blêr en lede van die CW buurtwag wat vinnig op die toneel was, het met ‘n skok ontdek dat daar vier jong bokkies onder die donker seiltjie aanmekaar vasgemaak was. Die DBV is dadelik ontbied aangesien die bokkies baie gestres was en hul geblêr die omstaanders baie ontsel het.

Twee van die vier vroue in die Mazda is na die hospitaal geneem vir behandeling. Die bestuurder van die Mazda en nog ‘n vrou was ongedeerd. Die bestuurder van die Navara is op die toneel gearresteer met die vermoede dat hy bestuur het onder die invloed van drank.

‘n Omstaander op die toneel het gesê dit lyk of die twee insittendes in die Navara op pad was na ‘n bring en braai met genoeg dop en vier stukke vars vleis. ‘n Beampte van die DBV het die vier bokkies van mekaar losgesny en op hul bene gehelp. Een van die bokke lyk of sy dragtig is. Dit blyk dat geen van die vier bokkies seergekry het nie en is deur die DBV van die toneel verwyder.

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top