[Fotos} ‘n Vrou is dood en drie beseer na ongeluk met bus op R59

Foto: Jannie du Plessis

JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD

SASOLBURG. – ‘n Vrou is dood  en drie beseer in ‘n ongeluk tussen ‘n Ford bakkie, ‘n Kia Picanto en ‘n bus van die Gevangenisdiens, wat leerlinge van Sasolburg na Vereeniging, Drie-Riviere en Groenpunt gevangenis vervoer.

Die ongeluk het vanmiddag 2 November voor 14:00 plaasgevind toe die Picanto volgens ooggetuies in die rigting van Sasolburg, voertuie wou verbysteek. Martin Groenewald en sy seun LJ, was vanaf Sasolburg in die rigting van Vereeniging op pad toe die Picanto hulle Ford bakkie aan die regter sykant getref het. Daarna het die Picanto verskeie kere getol en met sy agterkant, reg van voor teen die bus gebots.

Die vrou in die Picanto is dood verklaar op die toneel en haar liggaam is later uit die voertuig gehaal. Twee kinders wat in die bus was is ook beseer. Ricardo Schoeman (15) en nog ‘n kind Junior (13) wat in die bus was is beseer. Ricardo is deur ER24 ambulans na die hospitaal geneem. Volgens sy broer Elrico, is Ricardo nog in die intensiewe eenheid en hulle is bekommerd oor sy rug en nek. Junior, wat blykbaar gekeer het dat sy sussie seerkry, het teen een van die banke gestamp. Hy is deur Vaal Emergency Care na die Vaalpark hospitaal geneem en later is Martin Groenewald deur Netcare 911 na die hospitaal geneem nadat hy duiselig geword het. Geen een van die ander tussen 10 – 15 kinders in die bus is beseer nie.

Paramediese personeel van ER24, Netcare 911, VEC, Gauteng EMS, die brandweer en polisie was op die toneel. Forensiese deskundiges het tot laatmiddag opmetings gedoen en fotos geneem.

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top