[Fotos en CCTV Video] Derde aanval op mense deur twee Pitbul honde

VANDERBIJLPARK. – Bure is op die oorlogspad nadat twee Pitbul honde van ‘n eienaar in Bessemerstraat, in die CW6 area, vir die derde keer iemand in die straat aangeval het.

Wat vir Thabang Seko net as ‘n stap in die straat was, het ontaard in ‘n nagmerrie toe die twee Pitbul honde, blykbaar ‘n mannetjie en wyfie, hom in die straat getakel het. Omstanders het probeer help en die hond is verwilder. Hy is per ambulans na die hospitaal geneem vir behandeling.

Volgens inwoners in die straat is dit volgens hulle kennis die derde keer wat die twee honde mense aanval nadat hulle uit die erf gekom het. Pitbul honde en Rottweilers is volgens statistieke (wat in die media bekend gemaak is) die honde wat verantwoordelik is vir die meeste aanvalle.

Die beste raad om sulke honde van hul slagoffers af te kry is om die hond aan sy halsband (of met ‘n tou of gordel), hoog op te lig dat sy agterbene net net grond raak, tot hy dan los. Die ander alternatief is om ‘n voorwerp aan die kant van sy bek in te forseer. In die geval van ‘n Pitbul help skop en slaan glad nie. Alhoewel Pitbul honde oor die algemeen natuurlik jaghonde is, is daar wel baie wat vredeliewend is.

CCTV beeldmateriaal en fotos verskaf

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top