[Video en Fotos] Man onder trok ernstig beseer

FOTO: Jannie du Plessis

JANNIE DU PLESSIS

VANDERBIJLPARK. – ‘n Man het gisteraand 11 Oktober ernstige beserings opgedoen nadat hy met sy voertuig onder ‘n trok beland het.

JJ Wilken (30),was van sy werkplek by ArcelorMittal na sy huis op pad toe hy met sy Mazda 323 onder ‘n trok beland het wat drie staalplaat rolle vervoer. Die ongeluk het net voor 22:00 in Hertz boulevard oorkant die IEMAS kantore plaasgevind. JJ het ernstige gesigsbeserings opgedoen. Lede van die CW Buurtwag wat op patrollie was was vinnig op die toneel en die nooddienste is ontbied.

Paramediese  personeel van Netcare 911 en ER24 het JJ op die toneel gestabiliseer en na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. JJ het baie pyn verduur maar was by sy bewussyn en kon op die toneel met die paramediese personeel praat. Die bestuurder van die trok was ongedeerd. JJ se voertuig is later onder die trok verwyder en is weggesleep. Die brandweer asook die SAPD was op die toneel en die ongeluk word ondersoek.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top