Agt polisielede aangekla van moord

FOTO: Jannie du Plessis

JANNIE DU PLESSIS & LAZARUS DITHAGISO

VANDERBIJLPARK. – Agt polisiebeamptes, ses mans en twee vroue, is Vrydagaand 5 Oktober op ‘n aanklag van moord op ‘n Nigeriese burger, Ibrahim Olamilekan Badmus (30), in hegtenis geneem.
Die polisiebeamptes is lede van die Vaalrand-blitspatrollie en die K9 Honde-eenheid wat op 10 Oktober verlede jaar ‘n klopjag op ‘n huis in De Foreststraat, CW5 uitgevoer het. Dié huis en inwoners is deur lede van die publiek as ‘n “drug” huis en “drug lords” beskryf.
Wat daarna gebeur het, was chaos. Ibrahim het tydens die klopjag gesterf en vriende en familie het sy lyk op die polisievangwa gedrapeer en die polisie daarvan beskuldig dat hulle hom vermoor het. Daar was bewerings dat een van die polisiebeamptes ‘n sak oor die 30-jarige man se kop getrek en pepersproei daarin gespuit het.
* Die agt polisielede is die naweek aangehou en is Maandag, 8 Oktober elk op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Al agt beskuldigdes het deur hul regsverteenwoordigers te kenne gegee dat hulle onskuldig gaan pleit op al die aanklagte. Buite die hofgebou was daar heelwat aktiwiteit en oproerigheid deur lede van die gemeenskap, POPCRU, ANC, SACP en COSATU, ter ondersteuning van die agt beskuldigdes. Richard Mamabolo van POPCRU het gesê hulle is bly dat die beskuldigdes borgtog gekry het. “POPCRU is geheel en al gekant teen enige persoon wat dwelms smous, wat tot die ondergang van ‘n gemeenskap lei,” sê Mamabolo. Die beskuldigdes moet weer op 13 November in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.

* Kyk gerus na die video en fotos wat die dag op die toneel  geneem is.

FOTOS EN VIDEO: Jannie du Plessis

HOF FOTOS MAANDAG 8 OKTOBER: LAZARUS DITHAGISO

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top