Duisende liter drinkwater vermors want dis ‘na ure’

Die skoon drinkwater wat uit die gebarste pyp spuit, kan hier duidelik gesien word.

Gerhard Strydom van Waldrift skryf:
Op 29 September omstreeks 17:00 het ‘n waterpyplyn onder geweldige hoë druk op die hoek van Andesite- en Citrinestraat in Waldrift (naby Arconpark in Vereeniging), gebars. Ek is verbonde aan ‘n gewapende reaksie-eenheid, so ek het my bes probeer om dit te rapporteer. Ek het brandweer toe gery vir hulp, want dit is tog ‘n dringende noodgeval.
Ek kan nie onthou met wie ek by die brandweer oor die foon gepraat het nie, maar die man het gesê dat hy sal kyk wat hy kan doen om dit by die regte persoon gerapporteer te kan kry. Wel, vanaf Saterdag, 29 September omstreeks 17:00 het daardie hoëdruk water vir ure hoog die lug in gespuit – tot nog na 01:00 Sondag, 30 September. Die man se woorde was dat niemand na ure sal uitgaan nie, want hulle word nie betaal nie. So kon niemand nog ‘n “stop valve” toemaak om water te spaar nie.
Die gebarste waterpyp waaruit skoon drinkwater onder hoë druk spuit, kan duidelik op die foto gesien word. Dit was teen Vaalweekblad se saktyd nog nie bekend of die lek sedertdien herstel kon word nie.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top