Matrieks: Skryf in vir ons wedstryd!

Die pragtige Cassidy Sellar was een van die deelnemers in verlede jaar se matriekafskeidwedstryd

Dis weer matriekafskeidtyd en soos elke jaar help Ster en Vaalweekblad weer om dit ‘n onvergeetlike geleentheid vir skoolverlaters te maak.
Matrikulante kan hul afskeidfoto’s tot middel November e-pos na [email protected] om in aanmerking te kom vir groot kontantpryse sowel as ‘n verskeidenheid pretpryse. Die foto kan van jou alleen, of saam met jou “partner” wees.
Foto’s moet as onverwerkte JPGs gestuur word en tik MATRIEKAFSKEID in die Subject line. Onthou om jou en jou maat se naam en van te verskaf, jou selnommer sowel as jou skool se naam.
Al die foto’s gaan voor die einde van die jaar in ‘n pragtige bêrebylae in Vaalweekblad verskyn.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top