Bande fluit en remme kreun by Midvaal

Ettienne van Rensburg
MEYERTON. – Die bande het gefluit en die brandstof het gespuit.
Die Midvaal Raceway was Saterdag in rep en roer met Midvaal en MooiVaal Media se Beat me if you can Time Attack Challenge wat plaasgevind het.
Petrolkoppe en ren-entoesiaste van alle ouderdomme het vroegoggend reeds op die renbaan toegesak om deel van dié unieke byeenkoms te wees.
In die Time Attack Challenge was die mededinging straf gewees, maar Amos Cockeram het met sy Opel Tigra, aangedryf deur ‘n Mazda 13B rotary enjin, stof in sy teenstanders se oë geskop. André Needham in sy Polo R was tweede. Paul van Niekerk het in die B-afdeling met ‘n Golf mk1 koning gekraai en Shane Kroon was tweede. In die C-afdelilng het Don Mackay van EV Dynamics sy teenstanders uitgestof.
Graig Gimmie het met sy bestuursvernuf in afdeling-D die pas aangegee en Johan van Heerden in sy Volvo S40 was tweede. Bradley Schoeman in sy 335i BMW het die E-afdeling gewen.
Die publiek is ook toegelaat om vir ‘n nominale fooi van R200 deur ’n beroepsrenjaer om die baan geneem te word. Dit was groot pret.
Die borge van dag was Vodacom Vanderbijlpark (selfoon: R4 000), Emerald Resort & Casino (verblyfgeskenkbewys: R4 000 en ete ter waarde van R300), VZ Tuning (Performance Chip: R5 500, Tiger Wheel and Tyre (trofeë), Willards Batterye (geskenkbewys: R2 600), Mica (R1000 geskenkbewys) en Smyka Tech (Bluetooth-luidspreker).

 

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top