Drieë-fees by sewestoernooi in Potch

POTCHEFSTROOM. – Die Westelike Provinsie het gister op die Fanie du Toit Sportgronde sy veldtog om sy titel by vanjaar se SA Rugby Interprovinsiale o.17 Sewestoernooi te verdedig met ‘n knal afgeskop, toe hy aldrie sy wedstryde gewen het. Die Streepstruie is na die eerste dag onoorwonne na seges met 42-5, 17-5 en 31-5 onderskeidelik oor die SA LSEN-span, die Pumas en die Blou Bulle. Verlede jaar se naaswenner die Sharks het net een van sy drie kragmetings gewen. Die Valke het ‘n goeie dag op kantoor beleef, toe hy die Boland met 26-22 geklop het en net-net met 22-19 teen die Griffons verloor het. Die ander in vorm span is die Goue Leeus. Die Leeus het die Luiperds (43- 7), Griekwas (27-24) en Vrystaat (47-17) gewen.

Die volledige uitslae vir dag 1 is:
Western Province 42, SA LSEN 5
Pumas 12, Blue Bulls 29;
Sharks 33, Limpopo Blue Bulls 5
Valke 19, Griffons 22
Golden Lions 43, Leopards 7
Griquas 0, Free State 46
Western Province 17, Pumas 5
Blue Bulls 31 ,SA LSEN 12
Sharks 14 , Eastern Province 17
SWD 47, Limpopo 12
Boland 22, Valke 26
Golden Lions 27, Griquas 24
Free State 38, Leopards 12
Western Province 31, Blue Bulls 5
Pumas 24, SA LSEN 10
Sharks 14, SWD 17
Eastern Province 33, Limpopo 29
Boland 14, Griffons 22
Golden Lions 47, Free State 17
Leopards 15, Griquas 21

 

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top