11 Beseer in ongeluk

Foto: Jannie du Plessis

JANNIE DU PLESSIS

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk vanoggend 28 september net na 10:00 het veroorsaak dat 11 pasiënte deur verskillende ambulansdienste beseerdes na verskeie hospitale moes neem.

Die ongeluk het op die R553 agter ArcelorMittal naby die R57 kruising met die Goue Hoofweg gebeur. Die ongeluk was tussen ‘n taxi en ‘n Toyota Landcruiser. Volgens die bestuurder van die taxi, Emanuel, het die Toyota, wat in die ringting van die vierigting-stop op pad was, oor die pad geswenk. “Ek het probeer uitswaai en die Toyota het my op die linker voorste neus gestamp,” vertel Emanuel. Die taxi het reeds halpad op die teer en half op die grond uitgeswaai vir die Toyota.

Daarna het die Toyota bakkie rakelings ‘n boom gemis en sowat 50m verder tot stilstand gekom. Volgens Emanuel het 14 passasiers gehad. 11 Van hulle is beseer en ER24 en Care Well EMS het die beseerdes waarvan een vrou ernstig beseer is, na verskeie hospitale geneem vir behandeling. Die vrou, wat voor in die taxi gesit het, se bene moes bevry word voordat paramediese personeel haar uit die taxi kon haal. Die taxi bestuurder en twee ander insittendes is nie beseer. Die bestuurder van die Toyota Landcruiser het ook geen beserings opgedoen nie.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top