Dogs of War wil hul ‘buddy’ help om beter te sien

Dimitri (voor) saam met 'n paar van sy Dogs of War 'buddies'

 

Retha Fitchat

Die Dogs of War Veterane Motorfietsryers Assosiasie in die Vaaldriehoek het onlangs ‘n skenking aan een van hul gewaardeerde “buddies”, Demetri Friend, gemaak as bydrae vir ‘n noodsaaklike oogoperasie wat hy moet ondergaan. Dogs of War, met lede wat tussen 1966 en 1989 aan die Grensoorlog deelgeneem of die land op ander maniere gedien het, sien deur middel van die Buddy-projek om na veterane wat dringend ondersteuning en mediese behandeling nodig het. “Dit is ‘n voorreg om ‘n buddy soos Demetri by te staan ter erkenning van sy onbaatsugtige werk met die opsporing van verlore medaljes vir ons veterane. Sodoende verseker ons ‘n nalatenskap aan hul kinders,” sê Johann Heyneke, sameroeper van Dogs of War in die Vaaldriehoek. Enigeen wat hul wil ondersteun of by die assosiasie wil inskakel, kan Johann by 082 453 1065 of (016) 365 5572 kontak, of stuur ‘n e-pos na johann@bmi-steel.co.za.

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top