Drie ongelukke binne ‘n halfuur

FOTO: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Drie ongelukke het vanoggend Donderdag, 13 September, binne ‘n halfuur plaasgevind waarvan twee ongelukke skaars ‘n 100m uitmekaar in Langenhovenstraat was.

‘n Man op op ‘n fiets is vroegoggend by Eltoro slaghuis op die R42 (Barrageweg) deur ‘n Volkswagen Polo raakgery. Volgens Jerome, die man op die fiets het hy die pad gekruis van die grondpad en wou oorry na die anderkant toe die voertuig hom tref. Volgens Jerome self is sy been beseer of gebreek, sy arm het seergekry en hy het sy kop seergemaak. Hy is deur ER24 behandel en deur Gauteng EMS na die hospitaal geneem.

Die tweede ongeluk was in Langenhovenstraat toe ‘n vrou vanaf Shelleystraat oor Langehovenstraat gekruis het na Keatsstraat en ‘n Hyundai bakkie moes uitswaai om die ongeluk te vermy. Die bakkie het gerol en op sy dak op ‘n lamppaal tot stilstand gekom. Die bestuurder is beseer en is na die hospitaal geneem vir behandeling.

‘n Entjie verder het ‘n Colt bakkie en ‘n Citroën kop-teen-kop gebots. Volgens inligting wou die vrou in die Citroën verbysteek toe sy teen die bakkie bots. Sy is lig beseer en op die toneel behandel. Die bestuurder van die bakkie het beserings aan sy bene opgedoen. Hy is deur ER24 op die toneel behandel en na Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top