Help klein Karla

Klein Karla Kriel.

Karla is op die ouderdom van drie jaar met graad 4-nierkanker in albei haar niere gediagnoseer. Na behandeling, operasies, biopsies en skanderings is haar ouers, Laurika en Japie, in November 2014 meegedeel dat Karla kankervry is. Drie jaar later het die kanker ongelukkig hervat.
Laurika het destyds aan Vaalweekblad gesê daar is niks fout met Karla se veggees nie, en nou ‘n paar jaar later veg Karla dapper voort. Die behandeling waarvoor Japie en Laurika hul dogter wil neem is Viro Immuno Oncolytic behandeling. Dit word in Letland (Latvia), Rusland gedoen en daar word tans fondse ingesamel sodat Karla die behandeling kan ondergaan.
Daar is ‘n trustrekening vir Karla geopen. Diegene wat ‘n finansiële bydra wil maak, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:
FNB Meyerton
Rekeningnommer: 62776569348
Takkode: 250137

  AUTHOR
Carla du Plessis
Journalist/Photographer/Online content creator

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top