Inwoners nou keelvol vir gereelde kragonderbrekings

VANDERBIJLPARK. – Inwoners van SE 7 is moedeloos, sê DA-Raadslid Yvonne Coertze.  Die buurt was die afgelope maand ses dae sonder krag.  Die redes hiervoor is die oorlading van die elektriese substasie in Cornwallis Harrisstraat en die steel van kabels.

“Hierdie gemeenskap se infrastruktuur is nie voldoende om te voorsien in die vinnig-groeiende inwonerstal nie.  Die Emfuleni Plaaslike Raad sal drasties moet besin oor die verspreiding van krag sodat inwoners die ongerief gespaar kan bly.  Die lang ure sonder krag het tot die gevolg dat vrieskaste afloop en studente sukkel om te studeer,” sê mev. Coertze.

Sy sê dit sal ook help as inwoners betaal vir die krag wat hulle gebruik.  “Daar is huiseienaars in SE 7 wat die Stadsraad by die R200 000 skuld en steeds krag het,” sê sy.

Raadslede Coertze en Elize Aucamp meld hierdie huise gereeld aan sonder sukses.  Raadslid Coertze doen ‘n beroep op die Emfuleni-stadsraad om die infrastruktuur in SE 7 op te gradeer en om geld in te vorder van nie-betalende inwoners om te betaal vir hierdie opgraderings.

Verder versoek Raadslid Coertze ook dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die SPDF-plan in werking stel en verseker dat huiseienaaars wat hersoneer het vir studente behuising, die kapitale bydraes betaal soos vereis deur die munisipaliteit.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top