Ongelukke tref weer hard vandag

FOTO: Whatsapp

VANDERBIJLPARK. – Die dag het weer sleg begin met ongelukke wat wydverspreid voorgekom het.

Vier voertuie was in ‘n ongeluk betrokke voor Klipkor op die R57. Volgens inligting wou ‘n wit Mazda bakkie by die perseel van Midway Charter Service indraai toe ‘n Tata bakkie van agter in hom vasry. Die Mazda bakkie het toe voor aankomende verkeer beland en twee voertuie is gestamp. ‘n BMW en Kia het in die proses skade opgedoen. Geen beserings is aangemeld.

Een van die grootste ongelukke van die dag was twee trokke wat op die R59 langs die Parys vliegveld gebots het. Die petrolwa het aan die brand geraak en die R59 was gesluit. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en of daar enige beserings was.

‘n Ligte ongeluk het ook by VUT plaasgevind. In Vereeniging het ‘n voertuig gerol en in ‘n ander ongeluk ‘n ent verder op die R59 was drie ander voertuie in ‘n ongeluk betrokke.

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top