‘Geen verhogings vir amptenare en raadslede tot geldkrisis verby is’

Vaalweekbladleser Chris de Bruyn van Vanderbijlpark skryf:
Nou met die aanstelling van ‘n administrateur deur die Premier van Gauteng vir Emfuleni wil ek die volgende voorstelle indien om die finansiële krisis op te los:

Voorstel Een: Alle Staatsinstellings se rekeninge moet binne sewe werksdae op datum betaal word, indien nie, moet die kragtoevoer summier afgesny word.

Voorstel Twee: Alle munisipale werknemers, amptenare en raadslede moet aftrekorders op hul salaris teken vir betaling van hul maandelikse munisipale rekeninge.

Voorstel Drie: Indien amptenare en/of raadslede agterstallig is met hul rekeninge, moet die uitstaande bedrag oor ‘n periode van ses maande van sy/haar salaris verhaal word.

Voorstel Vier: Alle sakeondernemings en residensiële gebruikers wat meer as R10 000 skuld, se kragtoevoer moet summier afgesny word.

Voorstel Vyf: Die kragtoevoer wat afgesny is volgens voorstel vier, moet eers weer herstel word as die helfte van die uitstaande skuld betaal is.

Voorstel Ses: Indien die helfte van die uitstaande skuld wat meer as R10 000 beloop, betaal is, kan die uitstaande 50% afgeskryf word.

Voorstel Sewe: Die stelsel moet so verander word dat elke dorpsgebied se inkomste in daardie spesifieke dorpsgebied aangewend word. Byvoorbeeld, die inkomste vir SW1 moet in SW1 aangewend word, die inkomste vir Gebied 14 Sebokeng moet in Gebied 14 Sebokeng aangewend word, die inkomste vir Sonlandpark moet in Sonlandpark aangewend word, ens.

Voorstel Agt: Uit elke woongebied se inkomste moet maandeliks eerste Eskom en Rand Water betaal word voordat enigiets anders gedoen word.

Voorstel Nege: Geen amptenaar en of raadslid mag ‘n salarisverhoging ontvang voordat Emfuleni se finansiële krisis opgelos is nie.

Voorstel Tien: Daar moet elke maand in Vaalweekblad gepubliseer word wat die betalingsinkomste van elke woongebied is.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top