update


Kom neem afskeid van Judy

Judy Pienaar (regs) wat gesterf het nadat sy Vrydagaand deur rowers in die voorkop geskiet is. Links is haar vriendin, Madelein van den Bergh (30).

VANDERBIJLPARK. – Die die gemeenskap, familie en vriende van Judy Pienaar (42), wat Vrydagaand 3 Augustus in ‘n skietery na ‘n gewapende roof in die kop geskiet is en wat ‘n dag daarna oorlede is, hou vanaand 10 Augustus ‘n kersaansteek in Marconistraat langs die Stephenson Spar waar sy geskiet is.

Die publiek wat die kersaansteek wil bywoon om 18:00 word gevra om ‘n blommetjie of kers saam te bring.

Judie se verassingsdiens vind plaas op Dinsdag 14 Augustus om 11:00 by die Volle Evangelie kerk Park Tabernakel op die hoeke van Everest & Hartley straat in Vanderbijlpark. Daar sal geen besigtiging wees nie.

LEES DIE BERIGTE HIER:

Klik op die skakels.

Vrou in voertuig geskiet na gewapende roof

OPDATERING: Vrou in voertuig geskiet na gewapende roof

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top