Ryloper kritiek na hospitaal gevlieg

FOTO: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. –  Twee rylopers en die bestuurder en sy passasier van ‘n bakkie is gistermiddag 9 Augustus net voor 18:00 beseer in ‘n ongeluk toe die bakkie waarin hulle gery het net na die Stonehaven brug op die R57 gerol het.

Volgens inligting was die werkers van Rapid Sales and Hire in die rigting van Vanderbijlpark op pad en het twee ryloper agter op die bakkie gehad toe die bestuurder van die bakkie vermoedelik beheer verloor het en die bakkie verskeie kere gerol het. Die bestuurder, sy passasier en een van die rylopers is net lig beseer terwyl die ander ryloper halfpad teen die wal gelê het. Paramediese personeel van ER24, Netcare 911 en Gauteng EMS het die pasiënte op die toneel behandel. Die ryloper is later in ‘n kritieke toestand per helikopter na die hospitaal gevlieg vir behandeling.

FOTO GALLERY: Jannie du Plessis

 

Sien ook ander ongelukke op Vrouedag 9 Augustus.

Klik op skakels:

Motorfiets deur heining – man kritiek

 

 

Woman left seriously injured following vehicle rollover.

 

Four injured – one critical after accident

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top