Valia spog met twee spanne in eindstryd

VANDERBIJLPARK. – Eerskomende Saterdag gaan die vonke by Helpmekaar Kollege in Johannesburg spat, wanneer die eerste- en o.14-rugbyspan van die Hoërskool Transvalia  onderskeidelik in die halfeindronde van die Virsekerbeker teen Helpmekaar en Menlopark te staan kom.

Hoewel Trasnvalia die afgelope twee naweke teen spanne van anderkant die Jukskeirivier verloor het, is dit  miskien ‘n bedekte seën dat Transvalia vierde geëindig het en nou teen die voorste span in die kompetisie te staan kom.

Die bloumasjien van Vanderbijlpark sal Saterdag op alle suiers moet vier as hy vir Helpmekaar op sy tuisveld wil klop. Valia spog egter met ‘n sielkundige voorsprong aangesien hy die enigste span in die reeks is, wat Helpmekaar kon klop. Valia was in hulle vorige ontmoeting met 23-20 baas.

Volgens Jaco Kok, afrigter van die Hoërskool Transvalia se eerste rugbyspan, is hy tevrede waar sy span hom tans bevind. Hoewel beserings die span se diepte veral op haker uitgedun het, is Kok vol vertroue dat sy span die knoop Saterdag kan deurhaak. “Hulle tuisveldvoordeel pla ons nie, ons moet enige plek kan wen. Ons het in die laaste twee wedstryde teen onsself verloor. Ons gaan vandeesweek hard aan ons spel in die vaste fasette werk,” het Kok aan die vooraand van die halfeindstryd gesê.

Die eerstespan-kragmeting skop om 12:45 af.

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top