Hope plaasgenot wag Donderdag by dié kontreimark!

Kom kuier Donderdag lekker saam in die plaasatmosfeer van die Goeiehoek-kontreimark. Toegang is gratis!

 

Gereelde besoekers kan weer regmaak vir ‘n opwindende dag wanneer die Goeiehoek-kontreimark op 9 Augustus plaasvind. Vir diegene wat nog nie dié genotvolle plaasmark bygewoon het nie, is die vakansiedag hierdie Donderdag  (Nasionale Vrouedag) net die regte tyd om te gaan kennis maak.
Onthou dus om 9 Augustus te dagboek wanneer die Kontreimark weer op die plaas Bosrand plaasvind. Daar is heelwat nuwe uitstallers wat opwindende toevoegings tot die mark gaan maak. Dit gaan dié keer so reg in Wimbledon-styl wees – aarbeie en room – asook aarbeie wat op elke moontlike manier verwerk is en aan besoekers voorgesit gaan word.

Die manne kan hul beursies kom skud vir Vrouedag se groot bederf – ‘n ruiker van die mooiste proteas vir die blom in hul lewens. Die begeleide perderitte vir die kleingoed bly ‘n wenner. Die teetuin gaan ook ‘n paar nuwe verrassings op die spyskaart hê. Daar is ook handwerk, tuisgebak en -gebottel, kuns, vars plaasprodukte, kaas, olywe, tuinmaak en vele meer waarvoor die besoekers sal moet begroot. Dit is op ‘n plaas, dus is geen kitsbank fasiliteite beskikbaar nie, hoewel sommige uitstallers oor kaartmasjiene beskik.

Dra gemaklike stapskoene om genoeg tyd by die meer as 130 stalletjies deur te bring. Gebakte skaapkop bly ‘n lekkerny en om seker te maak jy draai nie teleurgesteld om nie, moet jy vooraf jou bestelling by Basie by 082 901 5727 plaas.
Saam met elke mark gaan daar hierdie keer ook ‘n bergfietsren plaasvind. Vir inskrywings en navrae, besoek die webwerf by www.cycleevents.co.za of skakel 083 460 9338 of 078 316 6207.
Skenkings van Bybels en onbederfbare voedsel, bruikbare tweedehandse klere en huishoudelike artikels vir herverspreiding onder behoeftiges in die gebied, word steeds verwelkom. Vir navrae kan Annatjie by 083 541 9908 gekontak word.

* Padaanwysings na die plaas Bosrand waar die kontreimark op 9 Augustus plaasvind: Neem die R42 vanaf Vereeniging na Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoekkruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op links ná die syaansluiting. GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0. Dit is teerpad tot by die plaasingang. Toegang is gratis. Skakel Annatjie by 083 541 9908 vir verdere inligting.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top