Vier polisie vrywilligers dood en agt beseer

FOTO: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Vier polisie vrywilligers is dood in ‘n baie ernstige ongeluk toe ‘n dubbelkajuit polisie voertuig vermoedelik ‘n U-draai op die N1 snelweg gemaak het en die voertuig deur ‘n Audi A4 getref is.

Die ongeluk het Vrydagaand 3 Augustus ongeveer 23:30 net voor die Vanderbijlpark afrit op die N1 snelweg, in die rigting van Johannesburg gebeur. Volgens die bestuurder van die rooi Audi A4, wat in die rigting van Johannesburg op pad was, het die polisie voertuig onder die brug vanaf rigting Kroonstad, ‘n U-draai gemaak na die baan in die Johannesburg se rigting. “Dit het so vinnig gebeur, ek kon nie die ongeluk vermy,” het die bestuurder van die Audi aan Vaalweekblad na die die ongeluk vertel. Hy is die enigste in die ongeluk wat nie beseer is nie en het na die ongeluk ongedeerd uit die Audi geklim. Agt pasiënte op is op die toneel behandel terwyl vier op die toneel dood verklaar is.

Paramediese personeel van ER24, Gauteng EMS en die Parys brandweer was op die toneel. Die Audi het na die ongeluk aan die brand geslaan en een van die liggame wat naby die Audi gelê het, is in die proses verkool en het vir ‘n tyd lank gesmeul. Die Audi het ook ‘n geruime tyd gebrand en gras aangrensend van die snelweg het ook aan die brand gesteek.

LEES VAALWEEKBLAD VAN 8 AUGUSTUS VIR MEER INLIGTING.

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top