update


OPDATERING: Vrou in voertuig geskiet na gewapende roof

FOTO: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – ‘n Opdatering nadat ‘n gewapende roof Vrydagaand 3 Augustus, verander het in ‘n skietery waarin ‘n vrou geskiet is in ‘n jaagtog na die roof, het nou verander in moord.

Judy Pienaar (42), het die stryd Saterdagaand net voor middernag verloor nadat sy in ‘n kritieke toestand na die Sebokeng hospitaal geneem is. Judy is deur die voorruit van haar Hyundai in die voorkop deur een van die gewapende rowers geskiet. Volgens inligting het sy en haar vriendin, Madelein van den Bergh (30), wat saam in die motor was, die rooftog sien gebeur by die bottelstoor en dadelik in Marconistraat afgedraai. Onbevestigde inligting is dat sy op haar telefoon was en die rowers hulle agtervolg het en verskeie skote op hulle geskiet het. ‘n Skoot is deur die voorruit geskiet en het Judy in die voorkop getref. Madelein was erg geskok maar ongedeerd.

Judy is deur paramediese personeel na die Sebokeng hospitaal geneem maar daar kon nie geopereer word soos vroeër deur Vaalweekblad berig is nadat inligting so ontvang is. Volgens ‘n kein-niggie van Judy, het dokters aanbeveel dat die risiko te groot is en hulle het haar om 03:30 Saterdagoggend 4 Augustus na Kopanong hospitaal geneem vir ‘n skandering waarna sy teruggeneem is na die Sebokeng hospitaal. Sy was onder ‘n geinduseerde koma maar die risiko was te groot om haar na die Baragwanath Hospitaal oor te plaas.

Lees meer in die Vaalweekblad van 8 Augustus en volg vaalweekblad.com vir meer inligting.

Lees die oorspronklike berig hier. Klik op die skakel

Vrou in voertuig geskiet na gewapende roof

 

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

 

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top