Vrou in voertuig geskiet na gewapende roof

FOTO: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou is geskiet in ‘n jaagtog vroeër vanaand, Vrydag 3 Augustus, in Marconistraat nadat gewapende rowers die Liquerland bottelstoor op die hoek van Marconistraat en Heavysidestraat, beroof het.

Judy Pienaar (42), is in ‘n kritieke toestand na die Sebokeng hospitaal gejaag nadat sy deur die voorruit van haar Hyundai in die voorkop deur een van die gewapende rowers geskiet is. Volgens inligting het sy en haar vriendin, Madelein van den Bergh (30), wat saam in die motor was, die rooftog sien gebeur by die bottelstoor en dadelik in Marconistraat afgedraai. Onbevestigde inligting is dat sy toe op haar telefoon was en die rowers hulle agtervolg het en verskeie skote op hulle geskiet het. ‘n Skoot is deur die voorruit geskiet en het Judy in die voorkop getref. Madelein was erg geskok maar ongedeerd.

Hulle voertuig is afgedwing en hulle het langs die Stephenson Spar tot stilstand gekom. Volgens die bestuurder van ‘n Monnas Taxi, wat agter die rooi Audi A4 van die rowers gery het, het hulle toe weggejaag. Lede van die CW6 Buurwag was baie vinnig op die toneel en het nooddienste gekontak. Judy is deur paramediese personeel na die Sebokeng hospitaal geneem vir ‘n noodoperasie. Teen 21:00 kon die 7.65mm koeël nie verwyder word nie. Sy is kritiek en daar word oorweeg om haar na die Baragwanath Hospitaal oor te plaas.

Volgens Damyn Bezuidenhout, een van die werknemers by Liquerland bottelstoor, het die voorval net voor 18:00 gebeur toe ongeveer tussen vyf en sewe gewapende rowers die  bottelstoor ingestorm het. “Alles het binne drie tot vier minute gebeur,” Hulle het ons selfone gevat, geld uit die laai geeïs, drank van die rakke gevat en buite het hulle ‘n voertuig se ruit uitgeslaan en die vrou begin aanrand en ‘n selfoon gevat,” vertel hy. Volgens inligting het die rowers met ‘n rooi Audi A4 gevlug. Sommige van die rowers het per voet gevlug.

Forensiese spanne is op die toneel.

Lees meer in die Vaalweekblad van 8 Augustus en volg vaalweekblad.com vir meer inligting.

FOTOS: Jannie du Plessis

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die koeëlgat in die voorruit van die Hyundai. FOTO: Jannie du Plessis

 

 

 

 

Die vrou en haar man, wat voor die bottelstoor gestaan het, is ook van ‘n selfoon beroof nadat een van die rowers die ruit stukkend geslaan het. FOTO: Jannie du Plessis

Liquerland bottelstoor wat vroeër vanaand beroof is. FOTO: Jannie du Plessis

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die 7.65mm patroondop langs Liquerland bottelstoor. FOTO: Jannie du Plessis

Glas en ‘n patroondop langs die bottelstoor. FOTO: Jannie du Plessis

Die 7.65mm patroondop wat in die pad lê is deur CW6 buurtwaglede gevind. FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

Die toneel in Marconistraat. FOTO: Jannie du Plessis

 

 

 

 

 

 

 

 

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top