Vang 3 dae lank gees by die Nippertjiefees!

VANDERBIJLPARK. – Is jy reg vir drie volle dae van heerlik eet, drink en kuier op die maat van musiek deur talle van Suid-Afrika se gewildste musiekmakers? Dit is wat op jou wag as jy 3, 4 en 5 Augustus by die Nippertjiefees by Ingwe Guest Lodge gaan wees!
Daar gaan twee verhoë wees waar topkunstenaars sal optree, ‘n wye verskeidenheid stalletjies waar interessante artikels uitgestal gaan word, ‘n bierplaas, kinderpretpark en hope heerlike eetgoed.
Kaartjies vir die 3 Augustus-vertonings kos R120 per persoon en besoekers kan vanaf 15:00 kom kyk na Ollie die Nar, die Ventertjies, en die sangers Chrizaan, Zander en Stephan Visagie.
Op Saterdag 4 Augustus begin die vertonings reeds om 10:00 die oggend.
Kaartjies kos ook R120 en die vertonings sluit onder andere in: Ollie die Nar, Geraldene van Dyk, Tjiff en Tjaff, Die Campbells, Impact Boxing Club, Zander van Wyk. Vernon Barnard, Elvis se Seun, Dirk van der Westhuizen, Die Flooze, MarulaBoom en Wicus van der Merwe.
Sondag 5 Augustus kan alle belangstellendes vanaf 15:00 gratis by Ingwe kom kuier.
Bring net julle eie kampstoele saam. Die byeenkoms begin met gebed en danksegging in eenheid, waarna verskeie orkeste en Joe Niemand gaan optree.
‘n Beperkte aantal naweekkaartjies is teen ‘n spesiale aanbod van R200 per persoon te koop – jy spaar dus R40. Meer besonderhede is beskikbaar by 087 551 1023 of besoek www.nippertjiefees.co.za en Facebook of [email protected] vir nog inligting. Kaartjies kan aanlyn of op die betrokke dae by die hekke gekoop word.
* Neem deel aan ‘n maklike wedstryd en staan ‘n kans om gratis naweekkaartjies te wen: SMS net die woord “INGWE”, en jou naam en van na 45633.

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top