Kunstige Valies kan groot geld verdien

Dr Angela van Pletzen (agter, heel regs), organiseerder van die jaarlikse C4C projek, Rotariërlede sowel as verteenwoordigers van skole wat aan vanjaar se Children 4 Children projek deelneem, tydens die loodsfunksie wat vroeëer vanjaar by Stonehaven in Vanderbijlpark gehou is. Foto: Stanley Coetsee.

 

VANDERBIJLPARK. – Prysgeld van meer as R20 000 is op die spel in vanjaar se Rotary C4C-kunskompetisie. C4C staan vir Children to Children en behels dat kunstige kinders hul kunswerke teen ‘n deelnamefooi van R10 vir die kompetisie kan inskryf en dat geld sodoende vir ander kinders in nood ingesamel word. Daar is verskeie kategorieë wat wissel van kleuterskool- tot hoërskoolvlak, en vanjaar is daar ook ‘n kategorie vir tersiêre studente en volwassenes.

Inskrywings kan tot 31 Julie by ‘n deelnemer se skool of by Stonehaven-on-Vaal ingedien word.

Hou www.vaalweekblad.com dop vir meer inligting of skakel Angela by 082 960 3578. Nadere besonderhede is ook beskikbaar by pinedene@cybersmart.co.za. Die kunswerke sal besigtig kan word op http//www.facebook.com/c4c.art

Vaalweekblad en Ster is drukmediaborge vir dié jaarlikse wedstryd.

Onder: Een van die pragtige kunswerke wat verlede jaar ingedien is.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top