Mense moet saamstaan en bewus wees van hul regte

San-Mari van Wyk van Vanderbijlpark skryf dié brief:
Ek lees elke dag in Beeld en Vaalweekblad hoe ons dorp net meer en meer agteruit gaan. Ek is van die industriële gebied hier in Vanderbijlpark se NW7-gebied, en wil graag hoor of daar iets is wat ons as inwoners van die dorp kan doen. Heel duidelik is die Emfuleni-munisipaliteit (ELM) onbekwaam om enigsins iets te doen waarvoor hulle betaal word.
Kan ons nie ‘n spasie in die koerant kry waar besighede en mense met die vaardighede om waterpype, elektrisiteit ens. reg te maak, hulself bekend kan stel nie? En sodat, as daar ‘n protes gehou word of gereël wil word dat almal daarvan weet?
Ek ry daagliks voor Anker Skool verby en daar loop soveel riool in die straat af, dit is iets om van naar te word. Is daar nie ‘n manier hoe ons ELM in ‘n hoek kan druk en dinge in ons eie hande oorneem nie? Ek veg nou al 3 jaar met ELM oor “rates and taxes”.
Mense in die dorp weet nie van hul regte of watter stappe om te doen as hulle probleme het nie. Daar is ‘n petrol “strike” die 2de Julie waarvan bittermin mense weet. As ons nie almal gaan saamstaan nie, wat gaan van ons word? Mense kan nie bekostig om meer vir alles te betaal en dan nog private kontrakteurs ook in te kry om dinge te doen waarvoor die munsipaliteit verantwoordelik voor is en al die geld voor ontvang nie. Ek kan nie meer net sit en kyk hoe al die dinge gebeur nie.

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top