Groot bekommernis in Faraday boulevard

Foto: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – ‘n Groot groep CPF lede, buurtwaglede, sekuriteit personeel en die polisie het vanoggend 14 Junie van vroeg af voor ‘n huis op die hoek van Faraday Boulevard en Siemensstraatbymekaar gekom.

Volgens inligting het bure in die omgewing ‘n vrou hoor gil. Inwoners en die CPF het die huis geïdentifiseer. ‘n Bekommerde niggie van die man of vrou het vergeefs gebel na hul selfone en het later by die huis gaan aanklop maar geen antwoord gekry. Die polisie kon self nie die huis oopbreek sonder die nodige dokumentasie. Vir ure het lede van die polisie vergeefs geklop en probeer by ‘n venster inloer of iemand tuis is.

Die ergste is egter verwag. Toe, net so voor 09:00 kom ‘n maer man uitgestap en maak die hek oop vir die polisie. Uit inligting blyk dit dat dit toe ‘n geval was van huismoles en aanranding en was die man egter bang met die groot klomp mense en polisie buite, dat hulle hom kom arresteer het.

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top