Wen kaartjies vir Juanita en ‘Kaalvoetkinners’ se vertoning by Emerald!

Die gewilde Afrikaanse popsensasie, Juanita du Plessis en haar twee talentvolle kinders, Ruan Josh en Franja, het saamgespan om ‘n nuwe album Kaalvoetkinners te skep, en op Saterdag, 7 Julie, kry hul Vaaldriehoekse aanhangers die geleentheid om te hoor hoe hulle van die liedjies in lewende lywe by Emerald Resort & Casino sing.

Buiten liedjies uit die nuwe alnbum soos ‘Why Me Lord’, ‘Carry Me Home’ en ‘Amazing Grace’, sal dié talentvolle driestuks ook van hul ander gunsteling-treffers sing.

“Ons sien regtig uit om hierdie trio in Julie in die Vaal te sien,” sê Emerald Resort & Casino se geleentheids- en vermaaklikheidsbestuurder, Leolize Naidoo.

“Juanita is ‘n sterk gunsteling onder ons Afrikaanse gehoor en ons weet haar bewonderaars gaan die optrede terdeë geniet.”

Dit vind op 7 Julie in die Emerald Resort & Casino se Emerald Arena plaas. Die deure open om 18:00.

Algemene en “goue-sirkelkaartjies” is by Computicket beskikbaar en die pryse is onderskeidelik R150 en R350 per persoon.

Nadere besonderhede is beskikbaar by https://www.emeraldcasino.co.za/events/kaalvoetkinners-in-die-vaal

* Neem deel aan hierdie maklike wedstryd en staan ‘n kans om gratis kaartjies vir jou en ‘n metgesel, sowel as ‘n heerlike ete vir twee by die Emerald Casino te wen!

Kry hierdie week se Vaalweekblad (13 Junie 2018), Knip die swart/wit foto van Juanita en haar kinders uit, sowel as die eerste van vier volkleurblokkies wat op die foto pas, en plak dit daarop.

Bewaar dit en kry die res van die volkleurblokkies in die volgende drie weke se Vaalweekblad.

Knip dan elke week se blokkie uit en plak dit op die swart/wit-foto. Sodra al jou volkleur-blokkies geplak is, kan jy dit indien by die Emerald Resort & Casino se kliënte-toonbank, of pos dit in die wedstrydboks by enige van die volgende winkels:

* Vanderbijlpark: Pick n Pay Family Store, South East Boulevard Centre, h/v Hendrik van Eck en Piet Rietief-boulevard, Vanderbijlpark.

* Sasolburg: VKB Foods, Winkel 6, Die Akker, Fichardtstraat, Sasolburg.

* Meyerton: Pick n Pay Family Store, Lochstraat 39, Meyerton.

* Vereeniging: Four Way Kwikspar Tops, h/v Blackwoodstraat en General Hertzogweg, Drie Riviere, Vereeniging.

Jou inskrywing moet ons nie later nie as Donderdag 5 Julie bereik. Maak seker dat jy jou naam, van en foonnommer op jou inskrywing skryf.

Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top