Maak fiskheid ‘n prioriteit

Gebou soos 'n pou! Lizette van Rensburg van Vanderbijlpark het onlangs by die Elite Athlete Extravanganza 'n derde plek in die fitness afdeling behaal.

VANDERBIJLPARK. – Plaaslike fiksheidsatleet en persoonlike instrukteur, Lizette van Rensburg, het onlangs by die Elite Athlete Extravanganza ‘n derde plek in die Elite Fiksheid Bikini-afdeling vir deelnemers ouer as 35 behaal. Sy is ook ‘n gesertifiseerde jump stretch-instrukteur wat dosyne Vaaldriehoekers en atlete al gehelp het om vet rolletjies af te skud en sterker en fikser te word. Sy spesialiseer veral in strek en kern-oefeninge.

Volgens haar voorkom korrekte strekwerk beserings en help dit om bloedsirkulasie na die spiere te verbeter.  Dit help ook om moeë spiere vinniger te laat herstel. Die voordele van ‘n sterk kern is dat dit rugpyn kan voorkom en verminder, jou postuur verbeter en beserings help voorkom. Diegene wat belangstel om meer van strek en kern-oefeninge te leer of net ‘n paar vet rolletjies wil afskud kan Lizette kontak by 071 067 4376.

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top