Sonlandpark-moord ruk gemeenskap

Volgens kapt. Fikile Funda, woordvoerder vir Vereeniging SAPD, is die polisie gisteraand omstreek 17:30 na Oosthuizenstraat in Sonlandpark ontbied.

Met hul aankoms by die toneel het die suster van die oorlede man gesê sy het na haar broer toe gekom om te kyk hoe dit met hom gaan. Hy het glo vroeër die dag gekla oor ‘n pyn in sy bors.

Toe sy by die huis aankom was die hek gesluit en moes sy bo-oor die hek klim. Sy het met groot skok op die drie lewelose liggame afgekom.

Na bewering het die 51-jarige man sy 67-jarige skoonma en 13-jarige seun geskiet en toe ook homself. Die vuurwapen is langs sy lyk gevind. Die man se skoonma is in die badkamer gevind, terwyl die seun se liggaam in die kamer gevind is. Al drie het skietwonde gehad.

 

Die polisie ondersoek die voorval.

 

 

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top