11 jarige stel eerste CD vry

VEREENIGING. – Die naam van ‘n jong talentvolle graad ses-leerling van die Vaaldriehoek gaan nog baie gehoor word.
Francois Jenkins (11), ‘n leerling aan die Laerskool Vryheidsmonument, spog reeds met verskeie toekennings. Hierdie jong seun het onlangs aan Talent Africa deelgeneem en met vyf goue toekennings vir gospel, gospel 2, country, vokaal en pop weggestap.
Hy is ook tydens die kompetisie as een van die Top 10 sangers aangewys. Van die 2 700 inskrywings is hy onder die 22 wat gekies is vir die spogvertoning, bekend as die Showcase-aand. Hy het ‘n toekenning gekry as die Beste Junior Vermaaklikheidster en is ook gekies vir die SA span wat aan Talent America gaan deelneem. ‘n Tyd gelede het Francois aan die Line Dance SA Masters wat in Amanzimtoti gehou is, deelgeneem, waar hy twee silwer- en twee gouemedaljes verwerf. Vir sy Pro-Am dans het hy “Gold Graduate” gekry, wat die hoogste gradering is.
Francois is ook tans besig met sy musiekopleiding aan die Trinity Internasionale Kollege van London en het pas sy vokale pop- en rock-praktiese eksamen afgelê, waarin hy 91% behaal het. Buiten al die prestasies is die jong man nou gefokus op sy solo-album, Take it away.
Dit bevat lekker country- en popmusiek. Sy CD is beskikbaar by Jacqueline by 082 426 5368. Besoek gerus sy Facebookblad, Francois Jen-kins. Francois is voorwaar een van die Vaal se top talente wat dopgehou moet word en beslis ‘n blink toekoms in die vermaaklikheidsbedryf het.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top