Vaal se langasems gereed vir Comrades

VANDERBIJLPARK. – Eerskomende Sondag wanneer die haan kraai  gaan sowat 20 000 hoopvolle marathon-atlete aantree om die Comrades Ultra Marathon aan te durf. Die Vaaldriehoek gaan soos altyd sterk verteenwoordiging by die gesogte en gevreesde Marathon geniet. Negentig atlete van die ArcelorMittal Atletiekklub het vanjaar vir die wedloop ingeskryf. Alf Gloy, die klub se gesoutste Comrades-atleet, durf vanjaar sy 30ste Comrades aan. Die 71-jarige, Johannes Msimang, is die klub se oudste atleet war gaan deelneem.

Hi Performance Midas Road Runners spog met 23 atlete wat aan die moordende marathon gaan deelneem en Harry Wichers gaan sy 20ste Comrades aandurf.

Vanjaar is ‘n afwedloop van die Stadsaal in Pietermaritzburg na die Moses Mabhida Stadium in Durban sowat 89km verder. Wanneer daar van die Groot Vyf gepraat word sien dmeeste sterflinge ‘n leeu, luiperd, renoster, olifant of buffel in hul geestesoog. Comrades-atlete het gemengde gevoelens wanneer daar van die Comrades se Groot Vyf:  Cowies Hill, Fields Hill, Botha’s Hill, Inchanga and Polly Shortts gepraat word.

Polly Shortts is met opwedlope die laaste en uitmergelendste van die Groot Vyf en is sowat 2 kilometer lank. Bitter min atlete wat nie onder die top 10 eindig, kan dié klim van begin tot einde uithardloop. Hoewel vanjaar se afwedloop soos altyd vinniger tye gaan meebring beteken dit nie noodwendig dat jou lyf minder houe gaan vat nie. Enige gesoute Comrades-atleet weet dat jy dié moordende wedloop met kopsterkte en nie net met jou bene voltooi.– Vaalweekblad versoek plaaslike atlete en toeskouers om hulle Comrades-foto’s aan ettienne.vanrensburg@mooivaalmedia.co.za te stuur. 

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top