EG stuit Valia-opmars

Die HS Transvalia se eerste rugbyspan nadat hy Monnas verlede naweek vir die eerste keer in die skool se bestaan geklop het.

VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool EG Jansen het vanmiddag in Boksburg vir ‘n opskudding gesorg toe hy Transvalia met 43-24 geklop het. Die sege in die Virsekerbeker se Afdeling 1 kom as verrassing, veral as daar in ag geneem word dat Valia vir EG Jansen vroëer die seisoen in die Tuks-reeks met 82-14 geklop het.  Die haakbesering wat Zian de Jager, Valia se losskakel-generaal, twee weke langs die kantlyn hou, was ‘n groot terugslag. Vir die Vaaldriehoekers was dit egter ‘n geval dat niks vlot wou verloop nie, terwyl die rugbygode vir die Boksburgers geglimlag het.

Die HS Transvalia se eerste rugbyspan nadat hy Monnas verlede naweek vir die eerste keer in die skool se bestaan, geklop het.

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top