Drie videos van geldwa-roof vanoggend

Foto:CrimeCentralSA

NASIONALE NUUS!!!

WAARSKUWING: Van die videos bevat kru taal.

JOHANNESBURG – ‘n Geldwa rooftog het vanoggend net na 09:30 vanoggend 17 Mei in die omgewing van Atlasweg en Northrand road in Boksburg plaasgevind.

Volgens die Boksburg polisie is twee G4S waens met plofstof opgeblaas en geroof. Verskeie skote is afgevuur. Die provinsiale woordvoerder van die SAPD, Kaptein Mavela Masondo het bevestig dat vier verdagtes by die George Gogh hostelle in Jeppe inhegtenis geneem is. Twee van die wagte is gewond. Een is in die been gewond en een het kopbeserings opgedoen. Gerugte dat ‘n polisieman van die K9 honde eenheid betrokke was in die roof, kon nog nie bevestig word nie.

‘n Landrover, ‘n bakkie en ‘n R4 geweer is gevind. Daar was geld in die Landrover gevind. Volgens inligting was daar drie voertuie waarmee die rowers gery het. Die polisie soek na nog verdagtes.

Vaalweekblad het drie videos van onbekende oorsprong vanaf Google getrek.

WAARSKUWING: Van die videos bevat kru taal.

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top