Motorfietsryer dood in botsing op R82

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel net na 23:00 het die motorfiets langs die kant van die pad gelĂȘ en ‘n bakkie het ‘n entjie weg in die pad gestaan.

Paramedici het die man ondersoek, maar ongelukkig het hy geen teken van lewe getoon nie. Hy het verskeie beserings opgedoen.

Die insittendes van die bakkie, ‘n man en twee kinders, het geen beserings in die ongeluk opgedoen nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top