Plaasmoord: Seun kom op ouers se lyke af

Wyle Fanie en Colleen Engelbrecht. Foto: Netwerk24

Fanie (78) en Colleen (74) is dood, steeds in hul kerkklere, op hul plaas naby Poortjie aan die Wes-Rand gevind.

Hul seun, Jo-An (49), boer die afgelope 25 jaar saam met sy pa op Welgevonden. Hy het aan Netwerk24 gesê hy was die naweek aan diens. Toe hy die betrokke oggend in die vleiskamer, ‘n entjie van hul huis was, het hy gesien sy ouers se Fortuner staan voor die deur en het aangeneem hulle is op pad kerk toe.

‘n Groep van vermoedelik drie mans het tussen 09:00 en 10:00 die egpaar in hul huis oorval en met moontlik twee handvuurwapens, kontant, ‘n tabletrekenaar en selfoon gevlug. Spore van drie mans is op die erf opgemerk. Nog geen verdagtes in in hegtenis geneem nie.

Jo-An het na hul huis gegaan toe sy ouers nie vir middagete opdaag nie waar hy sy ouers dood gevind het.

Die voorval word ondersoek.

Bron: Netwerk24

 

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top