So gaan dit met Shanei

Shanei Norris.

Sy was sowat ses weke in Sebokeng-hospitaal waar die behandeling goed was, maar ongelukkig versleg het die oomblik toe sy na die gewone saal geskuif is. Familie en vriende van Shanei het ‘n trustrekening opgestel om fondse in te samel om haar oor te skuif na ‘n privaat hospitaal. Sy sterk tans aan in Cormed-hospitaal in Vanderbijlpark. Shanei het intussen gegaan om x-trale te neem om haar vordering te bepaal en ook om te bepaal hoe lank sy in die hospitaal moet bly en of sy na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeskuif moet word omdat vir seker baie fisioterapie nodig gaan kry. Sedert Shanei uit die koma is, sukkel sy met haar geheue en het tot vandag nog niks oor haar babadogtertjie, Reanei, wat opslag in die ongeluk dood is, gevra nie. Haar familie en vriende het ook besluit hulle sal wag tot die regte oomblik om die tragiese nuus met haar te deel. “Sy kan partykeer nie onthou wat die oggend met haar gebeur het of wie by haar gekuier het nie. Ons is nie seker hoe sy die nuus nou sal verwerk en of sy later sal onthou dat ons haar vertel het nie. Sy het al na Reanei verwys, maar nog nie na haar gevra nie,” sê Noelene van Blerk, ‘n vriendin van Shanei.Hoewel Shanei vordering toon is daar nog ‘n lang pad na herstel vir haar. Enige persoon wat ‘n bydra wil maak sodat Shanei die behandeling wat sy nodig het kan ontvang, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:Meise Nkaiseng Trust Account, ABSA Bank, rekening- nommer: 4054975893, takkode: 630137, verwysing: 056718/naam en van.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top