Boekwurms woel ook op sportgebied

Boekwurm Kleuterskool se deelnemers aan die onlangse atletiekdag was (voor van links): Adriaan van der Linde, Bernice Barnard, Norman Mclean, Lillian Thirion en Kiara Pelser. Middel van links: Eugene Gouws, Bernick Kapp, Wian Kapp, Shaun Duvenage, Bonolo Mohloko en AJ Thompson. Agtyer van links: Daan Botha, Darius Swart, Jayden Pelser, Shane Duvenage, Charlize Thompson, Alex Coetzer enMusa Mkhabela.

Boekwurm Kleuterskool in Sasolburg het sommer ‘n hele klompie talentvolle atlete. Dit is bewys toe die Boekwurmpies op Saterdag, 14 April, aan ‘n atletiekbyeenkoms vir kleuterskole by die DP de Villiersstadion deelgeneem het.
Die atlete het twee medaljes en agt trofeë verower, en het ook die trofee vir die skool in die algehele derde plek ontvang.
Volgens die skoolhoof, me. Ipsie Terblans, is dit ‘n voortreflike prestasie vir dié opkomende kleuterskool.

Die Boekwurmpies se afrigter, Ina Fourie (links) saam met die geesdriftige skoolhoof, me. Ipsie Terblans.

Wian Kapp was een van die Boekwurm Kleuterskool se uitblinkers by die atletiekdag.

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top