Sasol Sharks weer tops!

Hanno Swanepoel (16) en Rigard Nel (15).

 

 

Swemmers moet vir dié kampioenskappe kwalifiseer. Om vir level 2 of 3 te kwalifiseer moet swemmers kwalifiserende tye, soos voorgeskryf deur Swem Suid-Afrika, swem. Level 3 se kwalifiserende tye is vinniger as level 2 – en om te kwallifiseer verg ure se oefentyd in die swembad.

Van die swemmers het hul tye verbeter en van die swemmers het deurgedring na die finaal. Die klub het ‘n paar medaljes ingepalm. Elke swemmer wat in die finaal geswem het, het ook ‘n lint ontvang vir erkenning.

Rigard Nel (15) en Hanno Swanepoel (16) het vir level drie gekwalifiseer.
Rigard het met ‘n tyd van 26.78 ‘n silwer medalje gewen vir sy 50m vryslag, seuns 15 jaar oud. Hy het ook deurgedring tot die finale vir die 50m rugslag, 100m rugslag en 50m vlinderslag.
Hanno het in die volgende finale geswem en linte vir sy prestasie ontvang: 400m vryslag, 200m vryslag en 100m borsslag, seuns 16 jaar oud.

Die volgende swemmers het vir level twee gekwalifiseer: Dina Jansen Van Rensburg (12), Johlize Vorster (13), Lara Venter (14), Lehakwe Zwane (13), Kgomotso Radebe (14), Shanay Gouws (16), Monique Bekker (10), Tiaan Van der Westhuizen (12), Dihandré Hartman (9), Monique Bekker (10), Dina Jansen Van Rensburg (12), Nialize Cronje (13) en Lara Venter (14).
Shanay Gouws dring deur tot die finale vir die 100m vryslag, 200m vryslag, 100m rugslag en 200m rugslag.
Johlize Vorster wen ‘n brons medalje vir 100m vlinderslag. Sy swem in die volgende finale: 100m borsslag, 50m rugslag, 50m borsslag en 50m vlinderslag.
Nialize Cronje wen ‘n bronsmedalje vir die 100m rugslag en swem in die 50m vlinder- en 100m borsslag finale.
Kgomotso Radebe dring deur tot die finale vir die 50m, 100m en 200m borsslag.
Dihandré Hartman dring deur tot die finale vir die 50m rugslag, 200m vryslag en 200m rugslag.
Tiaan van der Westhuizen wen ‘n silwermedalje vir sy 200m IM en 200m rugslag. Hy swem in die finale vir die 100m vryslag, 100m rugslag en 50m vlinderslag.
Lehakwe Zwane wen goud vir sy 200m borsslag, 50m vryslag (brons), 100m borsslag (silwer), 200m IM (brons), 50m borsslag (silwer) en linte vir sy 50m en 100m rugslag en 100m vryslag.

Foto: Agter van links – Dina Jansen Van Rensburg (12), Johlize Vorster (13), Lara Venter (14), Lehakwe Zwane (13), Kgomotso Radebe (14) en Shanay Gouws (16).
Voor van links – Monique Bekker (10), Tiaan Van der Westhuizen (12) en Dihandré (Hartman 9).

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top