Caster Semenya in aksie op DP de Villiers

Caster Semenya

Ettienne van Rensburg

SASOLBURG. – Die atletiek-adel van Suid-Afrika se universiteite gaan eerskomende naweek (27 tot 29 April) op die DP de Villiers-stadion toesak vir die 2018 Universiteite Suid-Afrika (USSA) se baan- en veldkampioenskappe.
Die byeenkoms word vanjaar deur die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) onder die vaandel van USSA Atletiek aangebied.
Sowat 500 atlete van 20 universiteite gaan sake in Sasolburg uitspook. Een van die groot trekpleisters by die byeenkoms is die Olimpiese en Statebond kampioen, die 27-jarige Caster Semenya van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), wat in die 800m en 1 500m vir vroue in aksie sal wees.
Sy het tydens die pasafgelope Statebondspele in Australië weer eens haar stempel as middelafstand-koningin afgedruk toe sy die 800m en 1500m vir vroue gewen het. Sy het die 800m in ‘n nuwe rekordtyd van 1:56.68 afgelê. Weens die IAAF se nuwe regulaises kan sy eersdaags gedwing word om hormoonverlaging medikasie te gebruik. Dit kan haar vertoniongs beinvloed of haar noop om uit te tree.

Caster Semenya

Van die land se top atlete gaan gedurende die drie dae in aksie wees. Van die sterre om dop te hou is: Kesa Molotsane (UFS: 5 000m/10 000m), Lynique Beneke (UFS: verspring), Rynardt van Rensburg (UFS: 800m/1 500m), Simonay Weitsz (UP: 800m), Rikenette Steenkamp (UP: 100m-hekkies, Jon Seeliger (UP: 200m/400m); Leroux Hamman (UP: 400m-hekkies), Louis van Zyl (UP: 400m-hekkies), Letitia Janse van Vuuren (NWU: hamergooi), Jo-Ané van Dyk (NWU: spiesgooi), Chedrick van Wyk (NWU: 100m/200m), Henco Uys (NWU: 800m), Rantso Mokopane (NWU: 3000m hindernis/1500m/5000m);
Mpho Links (NWU: hoogspring), Leon Laubser (NWU: spiesgooi), Johann Grobler (NWU: spiesgooi), Ischke Senekal (NMU: gewigstoot/diskus), Kelly Lynn Kingwill (NMU: hoogspring/verspring), Marianio Eesou (NWU: 10 000 m/21.1 km), Justine Palframan (US: 200m/400m), Milton Kekana (TUT: 5000m/21.1km), Oscar Mavundla (TUT: 400m), Thembi Baloyi (TUT: 21.1km) en laaste maar beslis nie die minste nie, Caster Semenya (TUT: 800m/1500m).
Toegang vir toeskouers is gratis. Slegs geakkrediteerde en media-fotograwe sal toegelaat word om foto’s op die stadion te neem. Die volledige uitslae sal op USSA Atletiek se Facebookblad verskyn.
Besoek gerus: https://www.facebook.com/USSAathletics/.
Dieselfde stelsel as by die Wêreld Atletiekkampioenskap, Statebond- en Olimpiese Spele sal aangewend waarby die getal goue medaljes eerder as die totale medalje-oes, sal bepaal watter universiteit wen.
As twee universiteite dieselfde getal goue medaljes verdien het, sal daar na die getal silwer medaljes gekyk word om ‘n wenner te bepaal.

Caster Semenya se vertoningslys die afgelope dekade:

2009: wen Wêreld Kampioenskap (800m)

2011: Wen: Wêreld Kampioenskap (800m)

2012: Wen Olimpiese Spele (800m)

2015: Wen Afrika Spele (800m)

20016: Wen Afrika Kampioenskap (800m en 1 500m) en Olipmpiese Spele (800m)

2017: Wen Wêreld Kampeionskap (800m) en serde 1 500m

2018: Wen Statebond Spele 800 m en 1 500m

 

  AUTHOR
Ettienne van Rensburg
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top