Onderwyser steeds in waakeenheid na pyl hom tref

Illustrasiefoto: Hoewel die polisie nie presies weet hoe die boog lyk nie, word vermoed dat mnr. Louis van Rooyen deur 'n kompetisiepyl getref is, soos dié op die foto. Die pyl waarmee mnr. Van Rooyen geskiet is, is vir 'n forensiese ondersoek weggestuur.

Retha Fitchat

VAALPARK. – Mnr. Louis van Rooyen, die 63-jarige man wat Sondagmiddag deur ‘n boogskutter se pyl getref is terwyl hy en sy boerboel die hondeskool bygewoon het, se toestand is steeds onveranderd.
Volgens sy seun, Stefan van Rooyen, is sy pa steeds in die waakeenheid omdat daar ‘n groot risiko vir sepsis is aangesien die pyl sy dikderm deurboor het. Sowat 30cm van die kompetisiepyl, wat in totaal 70cm lank is, is by mnr. Van Rooyen se buik in en het net voor sy ruggraat vasgesteek. Hy het skynbaar nog baie pyn en is steeds onder sterk verdowing om hom rustig te hou.
Mnr. Louis van Rooyen is ‘n onderwyser by ‘n Christelike privaatskool in die Vaaldriehoek.
* Die Polisie is besig met ‘n uitgebreide soektog na die boogskutter wat mnr. Van Rooyen geskiet het. Enigiemand met inligting kan adj.offisier Freddie Nel van die polisie skakel by 083 756 7977.
Die Laerskool Vaalpark, waar die voorval Sondag plaasgevind het, wys daarop dat die skietvoorval nie tydens ‘n skoolgeleentheid plaasgevind het nie, maar tydens ‘n privaat-georganiseerde byeenkoms van die hondeskool. Hy is vermoedelik van buite die skoolterrein geskiet.
Die beseerde mnr. Van Rooyen het tans nie ‘n mediese fonds nie. Enigiemand wat graag ‘n bydrae vir sy behandeling wil maak, kan dit inbetaal by FNB, bankkode 231232, in LS van Rooyen se transmisierekening: 62110193571.

Lees die volledige berig oor die skietvoorval in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (18 April 2018)

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top