OPDATERING: Gewapende roof misluk (Toneelvideo en fotos – Jannie du Plessis)

FOTO'S: JANNIE DU PLESSIS

VEREENIGING. – Die gewapende roof vanmiddag 5 April by ‘n besigheid in Unionlaan in Vereeniging het erg skeepgeloop toe die rowers net buite die dorp die voertuig gerol het en twee van die rowers opslag dood is.

Vier rowers het die besigheid van ‘n onbevestigde bedrag van R63000 beroof en weggejaag op die R59 terwyl een van die persone by die besigheid agter hulle aan is. Hy het egter op die toneel aan Vaalweekblad gesĂȘ hulle het op hom begin skiet en hy het eerder gestop. Daar was volgens hom ‘n polisie voertuig langs hom gewees.

Op die Deneysville afrit het hulle die draai misgis en die voertuig het teen die wal afgerol.Twee rowers is opslag dood. ER24 personeel en Gauteng EMS het een van die rowers uit die voertuig gehaal en hy is gearresteer. Die vierdie rower is ersnstig beseer en is later deur ER24 se One Plan Helikopter na die Sunshine Hospitaal in Benoni geneem vir behandeling. ‘n bedrag van R2800 is op die toneel gekry en forensiese deskundiges is tans nog op die toneel. Een van die rowers is vermoedelik onder die voertuig en sal na afhandeling van die forensiese ondersoek uitgehaal word.

Paramediese personeel van ER24, Gauteng EMS en verskeie polisie eenhede soos die Gauteng Blitspatrollie, Viljoensdrif polisie, Sasolburg se honde Eenheid, Sasol brandweer en Vaalrand Honde- Eenheid was op die toneel. Verkeer het die afrit toegemaak vir die helikopter om te kom land en tot die ondersoek afgehandel is.

Die saak word deur die Viljoensdrift polisie ondersoek.

  AUTHOR
Jannie du Plessis
Journalist / Photographer

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top