Lae waterdruk weens Emfuleni se eie ‘toetse’

Eerste publikasie: Vaalweekblad 21 Maart 2018

Emfuleni-raadslid Elize Aucamp van Vereeniging skryf:

Sedert die begin van Maart het inwoners van Duncanville begin kla oor lae waterdruk.

Vir die laaste drie weke kry ons klagtes van inwoners in Vereeniging se sakesentrum wat op die tweede en derde vloer in verskeie woonstelblokke woon, wat geen water het nie. Op 7 Maart het ‘n dame my gekontak wat ‘n woonstel in Vereeniging verhuur, en gesê haar huurder het uitgetrek weens die feit dat hy geen water het nie.

Die Emfuleni-munisipaliteit se wanbetaling en die implementering van verskeie planne het nou ‘n finansiële impak op inwoners wat wel betaal. Hierdie woonstel is die dame se belegging. Ek verstaan die druk is met 15% verminder en toe ek die munisipale bestuurder vra of Rand Water die druk verlaag het, was sy antwoord: “Not Rand Water, but Emfuleni.

“Emfuleni is doing pressure regulation itself as part of testing the system.”

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top