Hoofnuus in Vaalweekblad – 14 Maart 2018

 

Retha Fitchat
* ‘n Gewilde jong meisie van Fochville, Christel van Zyl, sterf na ‘n familiekuier in Vanderbijlpark.
* Ouers kan hul kinders wat aan dwelms verslaaf is, nou laat arresteer om betyds behoorlike hulp vir hulle te kry.
* Die vermoorde polisievrou, Michelle Stephenson, se moordenaar tot 30 jaar tronkstraf gevonnis. Nóg ‘n beskuldigde verskyn hierdie week in die hof ivm haar dood.
* ‘n Skoolmeisie wat haar onderwyseres met ‘n boek vol los blaaie gegooi het, maak steeds opslae. Haar ouers en mede-leerlinge gee moontlike redes waarom dié “normaalweg mensliewende” meisie so oorreageer het.
* Die pompstasie in Sonlandpark bly steeds ‘n groot kopseer vir inwoners.
* Swendelaars het ‘n nuwe manier om motoriste wie se voertuie gesteel is, verder in te doen. Loop maar lig!
* ‘n Emfuleni-raadslid gee die redes waarom inwoners voorlopig self die slaggate in die gebied se paaie sal moet regmaak.
* ‘n Vaaldriehoekse broer-en-suster skrywerspaar word geloof vir hul debuutwerke.

* Onthou ook om deel te neem aan Vaalweekblad se SMS-rubrieke as jy ‘n mening wil lug, as jy na ‘n maat of ‘n werk soek.

* Wen R1000 kontant en meer as R3000 se geskenkbewyse met die weeklikse blokraaisel!

* Fotobeeld van die naweek se aksie by Ultimate Outlaws Raceway

SPORT:
* Transvalia kwes HS Monument se Wit Bulle
* Die Gauteng-hengelspan, bestaande uit heelwat Vaaldriehoekers, wen ‘n groot kampioenskap in BLoemfontein.
* Lewendige hokkie-aksie in die Tuks-reeks.

Koop vandag jou Vaalweekblad! Jou weeklikse aankoop teen R5-80 stel MooiVaal Media in staat om daaglikse GRATIS nuus op Vaalweekblad en Sedibeng Ster se webtuistes en Facebook te plaas. Ons het groot waardering vir ons lesers se ondersteuning!

  AUTHOR
Retha Fitchat
Editor

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top