Kiesers, maak dié naweek seker julle is reg geregistreer

 

Stemgeregtigde Suid-Afrikaners kan op 10 en 11 Maart hul naaste stembus besoek om by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (Independent Electoral Commission – IEC) te registreer, te herregistreer indien jy verhuis het of bloot jou adres op te dateer op die kieserslys (adres is ‘n vereiste).
Die volgende skakels en wenke kan help:
Stuur jou ID nommer na 32810. Jy sal binne 5 minute ‘n antwoord kry, wat sal aandui by watter stemlokaal jy geregistreer is. Indien jou adres foutief of onvolledig is, is dit raadsaam om ‘n adresverandering op die IEC se webwerf te doen. Die internetadres wat gebruik kan word om self jou adresbesonderhede op te dateer is: https://www.elections.org.za/MyIEC/Account/Register.
‘n Gratis kontaknommer is vir hulp beskikbaar: 0800 11 8000.

Besoek ook enige van die volgende skakels vir meer besonderhede:
Facebook: www.facebook.com/IECSouthAfrica
Twitter: @IECSouthAfrica
You Tube : www.youtube.com/user/IECSouthAfrica

Latest News

COMMENTS

Carletonville HeraldParys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng Ster
Top